Saturday 30 March 2013

PIEKEL-KOOLSLAAI / PICKLED CABBAGE





PIEKEL-KOOLSLAAI


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/piekel-koolslaai-pickled-cabbage.html

Plaas een gesnipperde kopkool in n bak en pak 1 ui se ringe bo-op
Sprinkel 180ml suiker oor
Kook 250ml asyn
180ml olie
10ml mosterd poeier
20ml piekelspeserye vir 5min.
Giet die warm sous oor die gesnipperde kool en bedek dit vir so +- 4h
Roer die slaai net voor opdiening
n.s jy kan ook gerasperde wortels bysit vir lekker mooi kleur*30/3/13 foto=net








SOETGEPIEKELDE KOOL
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/piekel-koolslaai-pickled-cabbage.html
16 kop gekapte kool,
3 kop gekapte ui,
4 kop suiker,
125 ml sout,
3 kop asyn ,
375ml water
1 E pickling spice.
METODE:
Meng kool, uie en sout. Los oornag, dreineer en spoel een keer . Meng suiker,asyn en water. Knoop piekel spice in doek toe en voeg by kool. Bring tot kookpunt en kook dan stadig vir 5.min.
Verwyder piekel sakkie en vul flesse.
PS! jy kan gerasperde wortel bysit of groen en rooipeper vir kleur.**Carol Elliott Claassen
.





SUURKOOL – SAUERKRAUT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/piekel-koolslaai-pickled-cabbage.html

Kerf die koolkoppe in fyn repies op en weeg die hoeveelheid af. Spoel ‘n erde of plastiekkom met regaf wande (Emmer)met kookwater uit. Doop’n ronde houtskyf of bord wat styf binne-in pas in kookwater. Bedek die boom met ‘n paar skoon koolblare. Gebruik vir elke 5kg koolrepies 150g growwe of nie-gejodeerde sout. Pak die koolrepies styf in 2,5cm dik lae in die houer en strooi sout oor elke laag. ‘nPaar lourierbare en peperkorrels kan ook bygevoeg word. Eindig met ‘n laag sout. Die houer moet twee derdes gevul wees. Voeg net genoeg water by om die kool te bedek. Plaas die houtskyf of bord op die kool en sit ‘n swaar nie-poreuse voorwerp soos n klip bo-op. Dit moet ook vooraf in die kookwater gedoop word en moenie van metal wees nie. Bedek dit met ‘n dubbele laag kaasdoek.
Laat die kool 3-4 weke lank op ‘n koel plek gis. In die eerste stadium van fermentasie sal skuim bo-op vorm. Skep dit gereeld af. Die kool moet die hele tyd met vloeistof bedek wees. Vul dit met ekstra pekel aan, gekook 30g sout per 1 liter water, indien nodig. Laat die pekel afkoel voordat dit by die kool gevoeg word. Suurkool kan lank by 3°C bewaar word. Om voor te sit. Spoel die suurkool in koue water af en kook dit soos gewone kopkool. ‘n Paar stukkies spekvleis daarby is nie te versmaai nie.* Lekker vir later*

  

SAUERKRAUT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/piekel-koolslaai-pickled-cabbage.html
Christine Pienaar
nou net gemaak. Dis maklik en BAIE goed vir n probleem maag!!!

rasper een koolkop fyn in groot bak
strooi sout oor en los vir ñ uur
kry skoon flesse met skroefdeksel.
DRUK vog uit kool en pak STYF in
vul bottel tot entjie van bo met soutwater wat jy uitgedruk het.
Dis ongelooflik baie water wat daar uitkom!
pak koolblare bo-op (heel)
Sit in skinkbord en los op koel donker plek.
hou hulle elke dag dop.
draai deksel bietjie los om gasse te laat ontsnap en Dan weer liggies vas.
Los so 18 dae en proe.
as jy dit sterker wil hê, los nog ñ week.
As jou water uitlek en min word in bottels, meng 1teel sout in koppie water en vul op.
MAKLIK EN HEERLIK!!!!!!**Bottel en Bere Resepte* 19/11/2014


No comments:

Post a Comment