Tuesday 19 March 2013

ROOMYS-KOEKE



Roomys-koek

Deur Barbara Joubert
Die koek het my letterlik 10 minute geneem om te maak en jy kan dit lank voor Kersdag doen. Jy hou dit in jou vrieskas. Die sjokoladesous wat ek daarmee saam voorsit, is net so maklik. Wanneer jy die sous oor die roomys gooi, stol dit effens en word taai.(6 porsies)
2 liter vanielje-roomys
1 liter sjokolade-roomys
100 g kasjoeneut- of grondboontjie-broslekkers (brittle)


Gebruik ’n metaalbak wat groot genoeg is om al die roomys in te skep. Voer die bak uit met kleefplastiek. (Moenie bekommerd wees as die kleefplastiek voue maak nie.) Plaas die vanielje-roomys in ’n mengbak en roer tot sag, maar nie gesmelt nie. Skep so driekwart van die roomys in die uitgevoerde metaalbak, met ’n effense holte in die middel. Sit die bak in die vrieskas. Kap die broslekkers in jou voedselverwerker fyn. Skep die sjokolade-roomys in ’n mengbak en roer tot sag (nes die vanielje-roomys). Meng die fyngekapte broslekkers met die sjokolade-roomys en skep in die holte wat jy in die vanielje-roomys gemaak het. Skep die res van die vanielje-roomys bo-op. Maak die bak toe met kleefplastiek en plaas in die vrieskas. Hoe langer die roomyskoek in die vrieskas is, hoe harder sal dit wees. Voordat jy die roomys-koek voorsit, verwyder jy die kleefplastiek wat bo-op is. Keer die houer om op jou opdienbord. Vryf met ’n warm lap en haal die bak af. Dit sal maklik afkom, omdat jy dit met kleefplastiek uitgevoer het. Sit voor saam met aarbeie wat in sjokolade gedoop is. En die lekkerste sjokolade-nougat-sous.
lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/roomys-koeke.html

Sjokolade-nougat-sous
300 g nougat, in stukke gesny
200 g melksjokolade, in blokke gebreek
250 ml room
Sit al die bestanddele saam in ’n kastrol. Plaas oor baie lae hitte op die stoof. Die sous moet glad nie kook nie, maar smelt. Jy kan ontspan, jy hoef dit net nou en dan te roer. Sit warm voor saam met die roomyskoek.

Vars aarbeie gedoop in sjokolade
sowat 800 g aarbeie
100 g 70%-donkersjokolade
Breek die sjokolade in ’n mengbak wat oor ’n kastrol met kookwater pas. Maak seker die bak raak nie aan die water nie. Die water hoef nie meer te kook nie, dit moet net baie warm wees. Roer elke nou en dan die sjokolade tot dit gesmelt is. Doop die punte van die aarbeie in die sjokolade en plaas op waspapier totdat die sjokolade hard geword het.*Sarie*19/3/13

lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/roomys-koeke.html




Moira Botha Dyer

 Brandewyn-Roomyskoek
 (Rooi Rose kyk & kook Mei 1996)
50g droevrugtemengsel
75ml brandewyn
24 vingerbeskuitjies
1 liter roomys
50g rooi en
50g groen glanskersies
50g gekapte neute.

Plaas vrugtemengsel in bakkie en gooi 60ml brandewyn oor en laat staan vir paar uur sodat brandewyn goed in vrugte intrek. Besprinkel beskuitjies met res van brandewyn. Pak 'n laag beskuitjies in gevoerde broodpan. Meng roomys, kersies, neute en vrugtekoekmengsel. Skep oor beskuitjies, dan weer 'n laag vrugtemengsel en laastens nog 1 laag beskuitjies. Bedek met waspapier en plaas oornag in yskas.

OM OP TE DIEN:
keer gestolde poeding uit op opdienbord. Versier met gesmelte sjokolade indien verkies. Sny in skywe met skerp mes en sit dadelik voor**20/3/13**
lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/roomys-koeke.html

No comments:

Post a Comment