Thursday 28 March 2013

SWARTBESSIE KAASSKOEK



Dalene Brits
Anja se wag-'n-bietjie SWARTBESSIE-KAASKOEK
 (RSG)
Bedien 8 mense
1 blik kondensmelk
½ koppie suurlemoensap
1 houer gladde maaskaas
5 ml vanielje
125 ml room
1 pakkie tennisbeskuitjies
1 blikkie swartbessies, in sous
1 eetlepel vlapoeier
Meng kondensmelk, suurlemoen en maaskaas - skep maaskaas lepel vir lepel by kondensmelk by en roer.
Klop room styf, en voeg saam met vanielje by die kondensmelkmengsel.
Pak tennisbeskuitjies in vierkantige glasbak.
Verhit swartbessies in kastrol (dit moet kook).
Voeg bietjie water by die vlapoeier sodat dit 'n pasta vorm.
Voeg by die swartbessies om dit dikker te maak, soos 'n sous.
Die kaaskoek neem so 4 ure om styf te word in die yskas.
Bedien sousie apart.28/3/13

No comments:

Post a Comment