Roos-en-aarbeiyskaskoek
* Aletta Lintvelt*
1 kg vars aarbeie
3 koppies room
5 eetlepels versiersuiker
1½ koppie roomkaas
2 teelepels rooswater
1 pakkie pimperneute
4 pakkies sjokoladebeskuitjies
½ koppie sjerrie (opsioneel)
Tuisgemaakte karamelsous (opsioneel)
½ koppie karamelsuiker
3 eetlepels gouestroop
5 eetlepels water
2 eetlepels botter
¼ koppie dik room
’n knippie sout
Indien jy die karamelsous gaan gebruik, maak dit eerste. Gooi die suiker, stroop en water in ’n swaarboompotjie oor lae hitte en roer dit totdat die suiker opgelos het.
Hou op met roer en draai die hitte hoër. Skud die pot nou en dan, maar moenie die mengsel roer nie. Dit sal begin borrel, en ná omtrent 5 minute ’n ryk bruin kleur kry. Gebruik ’n ballonklitser en meng die botter, room en sout by – dit sal borrel en lyk asof dit wil oorkook. Verwyder die karamelsous van die hitte, laat dit afkoel en gebruik dit binne 1 week.
Sny die aarbeie in dun skyfies.
Klits die room styf en meng die helfte daarvan met ’n kwartkoppie van die karamelsous en die roomkaas. Meng die ander helfte met die versiersuiker en rooswater.
Rol die neute so in die pakkie met ’n wynbottel in kleiner stukkies.
Smeer twee eetlepels van die geklopte room op ’n vierkantige houtbord wat met foelie oorgetrek is sodat die koekies daaraan kan vassit. Pak ’n vierkant van 23 x 30 cm met die koekies bo-op die roomlaag.
Sprinkel 2 eetlepels sjerrie oor die koekies. Smeer ’n kwart van die karamelroom oor die koekies, pak ’n laag aarbeie daarop en sprinkel ’n kwart van die neute bo-oor. Bedek dit met ’n kwart van die rooswaterroom, gevolg deur nog ’n laag sjokoladekoekies. Sprinkel weer sjerrie oor. Hou so aan tot jy vier lae koekies het.
Smeer die res van die karamel- en rooswaterroom oor die boonste laag en versier dit met die oorblywende aarbeie en neute. Sit die koek vir 4 uur in die yskas en drup dan die koue karamelsous oor.14/3/13

No comments:
Post a Comment