Saturday 6 April 2013

AARTAPPEL GEREGTE




NEW WAY TO SERVE POTATOES


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappel-geregte.html
Just mash potatoes plain with butter or you can add yummy ingredients like cooked bacon, cheese, parsley, green onion, garlic, etc.
Stuff in to a greased muffin tin, run a fork along the top and brush with melted butter or olive oil.
Bake at 190°C or until tops are crispy and golden.
Yes we still need carbs in our diet even when we are trying to lose weight so this is a great way to stick with portion control!!!
Also remember there are varying sizes in muffin pans so you can choose the serving size!!
Using mini muffin tins you can turn this into a healthy alternative to chips or wedges too.

You still get the soft potato centre with the crunch on the outside without all the fat!!!! Africa this is why I live here.*Henriette Wessels


LEKKER KNOFFEL BABA AARTAPPELTJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappel-geregte.html
Helena Kruger

maak n bottersousie met baie knoffel in [braai knoffel in baie botter moenie brand nie,gooi water en sout[of aromat] by en verdik dit met mielieblom na die dikte wat vir jou reg is en gooi dan baie gekapte vars pietersielie by en gooi oor jou aartappels en laat dit daarin opwarm [aartappels moet klaar gaar wees]!!
Sorita de Wit
AARTAPPEL GEREG MET SWEET CHILLIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappel-geregte.html

Probeer hierdie lekker aartappel resep. Sakkie baba aartappeltjies.­ Kook in water vir 'n rukkie, nog nie tot sag. Gooi water af. Gooi 1 houer room (250ml) en 1 koppie (of sommer so halwe bottel) sweet chilli sous van Wellingtons by. Laat nou stadig prut sodat aartappels kan gaarkook en die sousie dik word. Jy kan die hoeveelhede van die sous self meer of minder maak na smaak. Dit is vingerlek-lekke­r!!!


Charmain Bester

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappel-geregte.html
Ek maak myne in my potjiekos pot was aartapels en gooi in pot met so 2 E knoffel en 125g botter.

Sit in oond op 180*c vir 30 min.
In n ander pot op die stoof maak jy n sterk kaas sous van meel botter melk en kaas en gooi oor aartapels en dan kan hy sommer bo op die plaat gesit word om te prut. Dit is heerlik en almal is maal daaroor. Nog knoffel kan bygevoeg word




Moira Botha Dyer
BAKED POTATOES & ROSEMARY:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappel-geregte.html
*8 Potatoes thinly sliced and rinsed in cold water.

Dry&layer in greased ovendish,season &sprinkle with rosemary
Brush layers with butter,season& sprinkle rosemary.
Grease foil with buter,cover dish,press down.
Bake at 200d in middle of oven ±30mins.
Remove foil& bake another 30mins till golden brown. Serve warm*16/4/13 
 
Dalene Brits
BLATJANG AARTAPPELS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappel-geregte.html
6-8 middelslag Aartappels

Sout
250ml vrugte blatjang
250ml kook water

125ml mayonnaise
1 pakkie dik wituiesoppoeier
Metode:
Kook die aartappels in skil net tot sag.
Verhit die oond tot 180°C.
Dreineer aartappels en halveer elkeen met skil en al oorlangs.
Plaas die halwes met die gesnyde kant na bo in ‘n vlak oondvaste bak.
Meng res van die bestandele en skep dit oor die aartappels en bak vir ‘n half uur lank.
Bedien warm.*Egte Afrikaanse resepte*







SCALLOPED POTATOES:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappel-geregte.html
(taste.com.au)**

5 potatoes peeled and sliced,
150g cubed cheddar cheese,
1/2 cup butter,
1cup milk,
2 tsp cooking sherry &
1cup cornflakes crumbed.
METHOD:
Preheat oven to 175dC. Bring to boil a large pot salted water and boil potatoes until tender, about 15mins. Drain & place in a casserole dish. In microwave-safe dish,combine cheese,butter milk & microwave until cheese & milk melt,stir in sherry. Pour cheese mixture over potatoes and sprinkle cornflake crumbs on top. Bake for 20-30mins or until cooked. Moira Botha Dyer




HANNA SE LIPLEKKER AARTAPPEL GEBAK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappel-geregte.html
12 medium sartappels, gaar en in skywe gesny
Cheddarkaas, gerasper
1 pakkie PotatoBake
2 x 250ml bakkies room
kouevleis van jou keuse, in blokkies gesny
METODE
Pak die bestandele in lae in 'n oondvaste bak soos volg: aartapel, kaas. aartappel en kouevleis, ens.
Meng die room en PotatoBake en gooi bo oor.
Bak 15 tot 20 min teen 180 grade.
Bron: RSG Resepte*.



ROMERIGE AARTAPPELGEBAK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappel-geregte.html

Geskik vir PRUTPOT of OOND
(Magda du Plooy) (Lekker resepte vir die jongergeslag)
Die kombinasie van meel, botter en melk vorm vanself 'n WITSOUSIE tydens die gaarmaakproses. (As jy vir 'n spesiale geleentheid WIL spek en sampioene bysit, sal niemand jou keer nie!)
Vir 'n groot prutpot (6 liter): verdubbel bestanddele
4 medium aartappels
5 ml (1 t) sout
grofgemaalde swartpeper
30 ml (2 eetl) koekmeelblom
15 ml (1 e) botter
250 ml (1 kop) melk
Sny aartappels in dun skyfies - nie nodig om af te skil. Pak 'n lagie onderin 'n gesmeerde prutpotbak of oondskottel. Strooi bietjie van die sout, peper en meel oor elke laag en stip met klontjies botter. Herhaal tot als opgebruik is. Plaas deksel op en bak +/- 2 ure op HOOG in prutpot.Ek sal opsioneel, so 'n koppie gerasperde kaas ook oorgooi
Gewone oond: Bedek met foelie en bak +/- 1 uur by 180 grade C. Verwyder foelie en bak nog 15 minute tot goudbruin.
(Oorspronklike resep uit Kook en Geniet van SJA de Villiers)






Tiana Botes
Kaassmeer-balletjies

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappel-geregte.html
300 ml warm fyngemaakte aartappel
50 ml botter
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
1 x 250 g roomkaas of geroomde maaskaas
250 g biltong, fyn gerasper, of 1 blikkie (300 g) soutbeesvleis, goed verkoel en vet verwyder
250 ml fyn gerasperde sterk kaas
150 ml blatjang met biltong of
150 ml mosterd met soutbeesvleis
10 ml worcestersous
10 ml gerasperde suurlemoenskil
20 ml suurlemoensap
10 ml peperwortelsous of pepersous (tabasco of Louisiana Gold)
10 ml aangemaakte mosterd
45 ml gekapte vars pietersielie
ekstra gekapte vars pietersielie, gekapte neute, fyn gerasperde biltong of
fyn gekapte marachino-kersies om balletjies mee te bedek
Metode.
Meng die aartappel, botter, sout en peper goed saam met die res van die bestanddele behalwe dié waarmee die balletjies bedek word. Vorm een groot bal of maak ´n paar kleineres.
Rol in enige van die laaste bestanddeel-variasies.
Bedek met kleefplastiek en hou in die yskas tot nodig.
Deeg
6 x 250 ml koekmeel
10 ml sout
1 pakkie (10 g) kitsgis
sowat 500 ml louwarm water
10 ml wit asyn
10 ml gouestroop
75 ml kook- of olyfolie
Bolaag
sowat 8 baba-aartappeltjies
olyfolie
sout en vars gemaalde swartpeper
1 huisie knoffel, gekneus en fyngekap
100 ml gekapte vars roosmaryn
ekstra roosmaryn
Metode.
Vir die deeg:
meng die eerste drie be-standdele in ´n groot bak.
Meng die volgende vier bestanddele in ´n aparte bak en voeg die vloeistofmengsel by die meel-mengsel.
Knie goed, vorm ´n bal, smeer ´n bietjie olie bo-oor en bedek die bak.
Laat rys tot dubbel in volume.
Knie af en laat weer rys.
Berei intussen die bolaag: moenie die aartappeltjies skil nie.
Sny in baie dun skyfies en plaas drie minute in kokende soutwater. Dreineer en maak droog op kombuispapier of in ´n slaaidroër.
Plaas die aartappelskyfies in ´n bak, besprinkel met olyfolie en geur met sout en peper.
Voeg die knoffel en roosmaryn by en hou eenkant.
Knie die deeg ´n derde keer af.
Verdeel die deeg in twee stukke en vorm twee sirkels, elk sowat 20 mm dik, op ´n bakplaat.
Druk die aartappel-bolaag met die vingerpunte in die deeg in sodat die geur van die kruie deur die deeg versprei.
Moenie huiwerig wees om die vin- gers te gebruik nie.
Die olyfolie van die bolaag smeer ook die deeg met die drukkery.
Opsioneel:
growwe sout kan bo-oor gestrooi word.
Laat rys op ´n warm plek.
Stel die oond op 190 ºC.
Sodra die brood goed gerys het, bak sowat 30 minute in die voorverhitte oond.
Sit warm voor met die balletjies aartappelsmeer.





Maré Nieuwoudt
Spek-aartappels

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappel-geregte.html
Meng
90 ml olyfolie
met 5 ml korrelmosterd,
5 ml droë roosmaryn,
2 gekapte grasuie,
1 fyngedrukte knoffehuisie
en swartpeper.
Giet oor 16 gaar baba-aartappeltjies en laat staan 1 uur.
Draai repies spekvleis om elke aartappel,
ryg 3 aan n stokkie en rooster oor die kole of in die oond tot die spek gaar is.
( Plaas die aartappels in die yskas om te verstewig nadat die spek omgedraai is – dis nou voor dit gebraai word.)

Helena Kruger
AARTAPPELS IN KERRIEMARINADE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappel-geregte.html
750 g aartappeltjies
20ml kookolie
1 groot ui, fyn gekap
2 huisies knoffel, fyn gedruk
25ml matige kerriepoeier
5ml gemaalde borrie
1 rissie, ontpit en gekap
2-3 suurlemoen of lourierblare
15ml vars gemmer, gekap
30ml appelkooskonfyt
125ml wynasyn
125ml hoenderaftreksel
5ml mielieblom
Metode:
Kook die aartappeltjies in soutwater vir 10-15 minute of totdat hulle byna sag is.
Verhit die kookolie in ‘n swaarboomkastrol, voeg die ui en knoffel by en roerbraai totdat die ui deurskynend is.
Voeg die kerriepoeier en borrie by en braai vir nog 2 minute.
Dreineer die aartappels en voeg by die marinade.
Kook vir nog 5 minute of totdat die aartappels sag is.
Pak die aartappels in ‘n opdienskottel. Steek peuselstokkies in die aartappels.
Maak ‘n pasta van die mielieblom en water en voeg by die marinade.
Roer aanhoudend.
Kook vir nog 1-2 minute totdat die marinade dik word.
Gooi in ‘n klein doopbakkie en bedien as ‘n doopsous saam met die aartappels.  Lewer 6 porsies. “Bosluis” 4/10/11





AARTAPPELKOEKIES MET POLENTA –BOLAGIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappel-geregte.html
(6 porsies)
3 middelslag aartappels geskil en in blokkies gesny
30ml botter
1 groot prei, dun gesny
120ml gerasperde chaddar kaas
25ml gerasperde parmesaan kaas
1 groot eier geklits
125ml polenta
Sonneblom olie vir diepbraai
Metode:
Kook die aartapels tot sag, dreinneer en druk fyn.
Verhit die botter in ‘n pan terwyl die aartappels kook en braai die prei tot sag.
Roer dit by die fyngedrukte aartappels.
Voeg die twee soorte kaas by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Rol die mengsel in 12-15 bolletjies.
Druk plat om koekies te vorn, pak tussen twee velle waspapier, en hou vir ‘n uur in die yskas.
Verf die koekies rondom met eier en bedek met polenta.
Verhit die olie tot ‘n medim hitte.
Braai ‘n paar koekies op ‘n slag tot goudbruin.
Dreineer op kombuis papier.*IDEES*



Adéle Filmalter
AARTAPELTERT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappel-geregte.html
4 groot gaar aartappels
1 koppie fyn spinasie
½ koppie gekapte sampioene
2 eiers
½ koppie melk
½ koppie room
vars pietersielie, gekap
Sout en peper na smaak
2 eetlepels parmesaankaas (opsioneel)
1 koppie gerasperde cheddarkaas
Metode:
Voorverhit oond tot 180ºC en smeer oondvaste tertbak.
Maak aartappels fyn en meng met die spinasie en sampioene.
Klits eiers met melk en voeg by aartappelmengsel.
Voeg die res van die bestanddele, behalwe die cheddarkaas, by en meng goed.
Skep lepels vol op borde en bedien.
Kan ook as bykos by meer formele etes bedien word.
Vir ‘n ligte aandete kan die spinasie deur tuna en skywe tamatie vervang word"Adele Filmalter 10/12/10 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappel-geregte.html




  

FOTO *thegluttonkitchen*

Peter Veldsman se
ROSTI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappel-geregte.html
6 jonguie (spring onions), opgekap
1 kg aartappels, geskil en gerasper (was en druk droog)
½ koppie mielieblom
Sout
Vars neutmuskaat, gerasper
Vars gemaalde swart peper
Metode:
Voorverhit die oond.
Bedek oondpan goed met olie.
Meng alles goed saam en druk liggies op oondpan.
Plaas op onderste rak van oond en bak vir 45 minute of tot gaar en sny in blokke.
[Baie lekker bedien saam met braaivleis of gebakte vis ]
14/8/10 "Helena Kruger"


 

  


foto>imafoodblog


HASH BROWNS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappel-geregte.html
500g gaar aartappels, en in 1cm blokkies gesny (ek rasper dit)

30ml koekmeelblom
125g spekvleis, fyngesny en gebraai tot bros
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 eiers, geklits
5ml droë tiemie
sout en varsgemaalde swartpeper
30ml botter
15ml olie

Meng die aartappelblokkies, spekvleis, koekmeelblom, knoffel, eiers, tiemie, sout en peper in 'n mengbak saam.
Verhit die botter en olie in 'n swaarboompan.
Vorm aartappelkoekies die grootte van jou handpalm.
Braai tot goudbruin aan albei kante.
Druk die aartappelkoekies effens plat met 'n eierspaan terwyl gebraai word.
Dreineer op handdoekpapier en sit warm voor by 'n ontbyt. Bedien 4 porsies. **
Georgia Strauss De Klerk


SUURROOM BY GEBAKTE AARTAPPELS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappel-geregte.html
houertjie room
30ml suurlemoensap
250ml ongegeurde yoghurt
1uitjie fyngekap
50ml vars pietersielie fyngekap
sout en peper na smaak
Metode:
Meng alles saam en bedien saam met gebakte aartappels in foelie wat jy n kruisie bo-op gesny het en oop gedruk het
"Helena Kruger"



Foto>
Hanri Grobler
Beslis n wenner!!!! Mash balle met bacon en uie. Bakkie room, halwe pakkie wit uie sop, halwe pakkie bacon en kaas sous. And to top is off- kaas!! Yuuuummmmyyyyy!!!

MOLSHOPE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappel-geregte.html

3 tot 4 lekker groot Aartappels
Groterige klont Margarien
2 - 3 ml Bakpoeier
Sout na smaak
250 ml Room
125 ml gerasperde Cheddar Kaas
Metode:
Skil en kook die aartappels gewoonweg tot sag.
Dreineer en druk fyn.
Voeg die margarien, bakpoeier, sout en 'n bietjie van die room by en klits dit met 'n vurk tot lig.
Smeer 'n oondvaste bak en skep lepelsvol van die aartappels daarin.
Gooi die res van die room bo-oor.
Strooi die kaas dan bo-oor.[ Bloukaas is net so lekker by halveer net die soorte kaas]
Bak dit 20 - 25 minute lank in 'n voorverhitte oond by 180 °C."Helena
Miempie Leid
Ek maak dit gereeld en dit bly 'n treffer - ek sit nie eers margarien of bakpoeier by nie - druk aartappels net lekker fyn en gooi die room en kaas oor - heerlik by 'n braai




Milly Louw
AARTAPPELGERG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappel-geregte.html
*Mic*
My gesin gaande oordie atappel dis: aartappels in ringe gesny,asook ui in netjiese fyn ringe gesny, gerasperde kaas, aromat en pepper en margerien(botter te ryk) pak lae aartappel/ druk ui se ring netjies oop strooi lae ook kaas, sout en peper, tot bak vol,heel bo, sommer mooi dik lagie kaas bo op," neem sampioensous en melk, meng goed, gooi bo-oor sit so paar stukkies margerien Bo-op, maak pyrexbak toe, sit nat lappie bo-op deksel en sit in mikrogolf of "high" vir so 10 min, laat bietjie rus, dan weer vir so 10 min, maak net seker dat nie oorkook nie, wk stel altyd mikrogolf 10 min hoe hitte 10 meium 10 laag, (ete op sy eie).
 




No comments:

Post a Comment