Tuesday, 30 April 2013
BIEFSTUK PASTEI
BIEFSTUK PASTEI
800g Tenderized Steak
900ml Water
Steak Spice (na smaak)
Meat Tenderizer (na smaak) Pastei Deeg 200g Beef Biltong Kips 25g Bruin Uie sop (halwe pakkie) 1 Ui 1/4 Koppie Cross & Blackwell Mayonaise 5ml Olyf olie 20ml Melk 1: Kook Biefstuk in 500ml water saam met speserye in "Slow Cooker" vir 2 en 'n half ure. Kan ook Druk-koker gekook word totdat vleis sag is. Kook totdat vleis uitmekaar val. 2: Braai gekapte ui in olie tot goud-bruin Stap 3: Trek pot van die stoof af en voeg sop poeier en 400ml water by 4: Kook die mengsel totdat dit gaar is. 5: Maak Biltong Kips fyn in 'n mengbak. 6: Maak biefstuk fyn met 'n vurk. 7: Voeg die fyngemaakte vleis by fyngemaakte Biltong Kips en voeg Mayonaise by 8: Meng die uie sop mengsel by totdat die bestandele 'n ferm tekstuur het. 9 : Smeer 30cm oondpan met margarien of spuit dit met "spray n cook" 10: Skep mengsel in die oondpan en plaas die pastei deeg bo-oor. 11: Verf die pastei laag met melk totdat die hele pastei laag bedek is. 12: Druk gaatjies met 'n vurk in pastei deeg laag. 13: Bak in 'n voor-verhitte oond teen 200 °C vir 20min of totdat pastei laag goud-bruin is. 14: Bedien met 'n groen slaai Bron: Driekie van Wyk vir Pasella*Henriette Wessels 30/4/13
Labels:
Pastei - Groot
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment