Wednesday, 17 April 2013

GEBRAAIDE PIESANGS




Gebraaide Piesangs

1 piesang per persoon
heuning
Maak ’n snit in die lengte in elke piesang (nog in die skil) en skep ’n lepelvol heuning in elk.
Plaas die piesangs op die braai totdat dit deurgebak het en die vel swart is. Die heuning gee die piesangs ’n heerlike soet smaak.
Sit voor in ’n bakkie met ’n teelepel – kinders geniet dit om die piesang uit die skil te skep.
Jy kan daarmee eksperimenteer om rosyntjies, ander droëvrugte of fyngemaakte neute by te voeg vir ’n ander smaak.*Die Burger*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/gebraaide-piesangs.html




PIESANGS OP DIE KOLE
4 groot piesangs
60ml heuning
 knyp sout
15ml suurlemoensap
 Metode:
 Trek skille mooi van piesangs en hou eenkant.
 Meng heuning, sout en sap en laat le piesangs in mengsel vir 15min.
Plaas terug in die skik en rol toe in foelie.
 Rooster 15min op die kole.
 Bedien met sous wat oorgebly het.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/gebraaide-piesangs.html

GEBRAAIDE PIESANGS
Sny piesangs middeldeur met skil aan. Smeer gesnyde vlak met botter. Sit piesangs op braai met gesnyde vlak na onder. Braai tot goudbruin. Draai om en smeer bietjie likeur bo-op. Braai tot piesang van skil aftrek.
Bedien met room.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/gebraaide-piesangs.html


GEBRAAIDE PIESANGS
Vinnige poeding: Sny piesangs (in die skil) in die lengte oop, maar moenie dwarsdeur sny nie. Stip die binnekant met botter en besprinkel met bruinsuiker. Braai tot gekarameliseer en die skil swart is. Sit voor met botterkaramelsous en vanieljeroomys.PETERJASIE*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/gebraaide-piesangs.html

No comments:

Post a Comment