Tuesday 16 April 2013

GROENTEPOFFERTJIES



GROENTEPOFFERTJIES
375ml meelblom
10ml bakpoeier
5ml sout
2 ekstra groot eiers
125ml melk
500g bevrore groenboontjies, ontdooi en net sag gekook
6 stingeluie in ringe of 1 klein ui gekap
1 tamatie in blokkies gesny
Basiliekruid
Rooipeper
Olie om n te braai
Metode:
Sif die droë bestandele saam.
Klits die eiers en melk saam en voeg by die droe bestandele en meng goed.
Voeg die boontjies, uie en tamatie by en geur na smaak met basiliekruid en rooipeper.
Meng goed.
Giet genoeg olie in ‘n kastrol om die poffertjies in diep olie te braai. Skep lepelsvol van die beslag in die warm olie en braai tot bruin buite en gaar binne.
Pasop dat olie nie te warm word nie, dan gaan jou poffers rou wees binne in en te donker buite.N.S> of vlak olie dan druk jy dit so lekker plat*Helena Kruger

                                   
GROENTEKOEKIES

As antwoord op iemand anders se vraag vir 'n groentekoekie...My ma het altyd 'n gewone vetkoekdegie met bakpoeier aangemaak bv
1 kop bruismeel,
een eier,
sout en
bietjie melk om slapperige degie te maak, vou dan jou groente daarin en bak in olie..dis 'n ekonomiese manier om oorskietgroente te verwerk.

Ria N. Pieterse

No comments:

Post a Comment