Thursday 18 April 2013

JAN ELLIS POEDING






JAN ELLIS POEDING
Beslag:
5ml Koeksoda
125ml Melk
200g (375ml) Bruismeel
100g (125ml) Witsuiker
2 Eiers
30ml Fyn Appelkooskonfyt
20g (25ml) baie sagte botter/margarien
Sous:
250ml water
250ml room
230g (250ml) witsuiker
5ml vanieljegeursel
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C (350°F)
Bespuit met kleefwerende kossproei 'n oondvaste poedingbak met 'n volume van 2 litre.
Los die koeksoda in die melk op. Meng die res van die beslag se bestanddele, roer die sodamelk by en meng dit baie goed. Skep die beslag in die bak - moenie 'n kleiner bak gebruik nie al lyk die beslag 'n bietjie min vir die bak. Bak die poeding 25 tot 30 minute lank.
Verhit al die bestanddele vir die sous saam tot kookpunt. Giet die warm sous bietjiesgewys oor die warm poeding sodra dit uit die oond kom.
Laat die poeding 'n rukkie staan sodat die sous kan intrek. Sit dit louwarm voor met dun vlasous of roomys.* Lynne Taljaard
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/jan-ellis-poeding_18.html


JAN ELLIS POEDING
90 porsies
Beslag:
1 kg suiker
500 g margerien
20 eiers
500 ml appelkooskonfyt
50 ml koeksoda
50 ml bakpoeier1,8 kg [15x250ml] koekmeelblom
Sout melk
Sous:
3,75 l kook water
3, 75 l melk
2 kg [10 x 250 ml] suiker
500 g margerien
50 ml vanilla
Kook die bestandele van die sous saam. Gooi in bake.
Room die margerien en suiker. Voeg die eiers geleidelik by en daarna die konfyt
Meng die koeksoda met 'n bietjie melk en voeg dit by die eiermengsel
Vou die droë bestandele en genoeg melk om 'n drupbeslag te vorm
Skep sous in en bak vir 30 minute by ongeveer 180° C.*Dalene Brits*18/4/13
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/jan-ellis-poeding_18.html

No comments:

Post a Comment