Tuesday, 23 April 2013

LAMSKERRIE MET AMANDELS EN APPELKOSE




LAMSKERRIE MET AMANDELS EN APPELKOSE:
60ml ghee,
2groot uie in ringe gesny,
2knoffelhuisies gekneus,
1Kg lamsvleis in 25mm blokkies gesny.
15ml matige kerrie(of sterk-jou keuse),
5ml borrie,
15ml gemmerwortel gerasper,

1stuk pypkaneel,
2lourierblare,
10ml sout &gemaalde swartpeper,
250g droe appelkose,
250-375ml warm vleisaftreksel,
250ml dik ongegeurde jogurt
10-12 geroosterde amandels -gekap.
(1)Verhit ghee &soteer uie daarin tot sag &glansend.
Voeg knoffel by soteer nog so 1min.
Verwyder uie &knoffel (uit swaarboomkastrol) en hou eenkant.
(2)Verbruin vleis in klompies in selfde kastrol.
(3)Skep vleis,uie &knoffel terug in kastrol &voeg kerriepoeier by.
Roerbraai vir so 1min.Voeg borrie,gemmerwortel,pypkaneel,lourierblare,sout&peper na smaak,appelkose &250ml aftreksel by.
(4)Verhit tot kookpunt,plaas deksel op,verlaag hitte &laat prut stadig tot vleis sag is.Voeg meer aftreksel by indien nodig.
(5)Voeg jogurt &amandels by &laat prut so 10min of tot goed deurwarm &gemeng.Dien op met Basmatierys &sambals.
Bron: onbekend
Plasing: Moira Botha Dyer*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*
 
Nadia Brits
En so kon ek toe met soveel hulp van my mede kokke vandag die Lamskerrie met amandels en appelkose maak. Yummy!!! Baie dankie vir die hulp.23/7/13.

No comments:

Post a Comment