Monday 8 April 2013

LASAGNE / HOENDER / BEESVLEIS

LASAGNE
Dalene Brits
500g Maalvleis
1 fyn Knoffelhuisie
300 ml Water
50 ml Olie
1 pk Maggie Tamatiesop
5 ml Gemengde Kruie
Verhit olie en braai maalvleis.
Voeg knoffel, sop, water en kruie by. 
Laat prut vir 10 min.

Metode:
Kook noedels sag of gebruik velle lasagne.
Plaas lae vleis en noedels in oondbak.
Maak witsous en begin met vleissous in bak en pak lae afwisselend. Eindig met witsous en strooi kaas oor.
Bak 15 min by 180 C 
Indien jy lasagne velle gebruik:
Skep eers bietjie sous onder in die bak
Pak die velle dat dit net aan mekaar raak en nie oorvleuel nie
Maak seker dat die sous al die velle mooi bedek anders word dit nie sag nie en
bak vir 45min.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lasagne-hoender-beesvleis.html



VINNIGE LASGANE
Erika Vermeulen
Wat ek partykeer doen is om 'n lelker tamatie & uiesmoor te maak na jou smaak
Plaas lasagne velle onder in bak,dan 'n laag smoor,weer lasagna velle, dan dun gesnyde sampioene met speserye oor,weer 'n laag lasagne velle & dan jou witsous.
Gaan so aan tot jou bak vol is & sprinkel dan gerasperde kaas oor.
Sit in 'n oond by 180 grade Celsius en bak vir omtrent so 30 tot 40 min tot jou pasta gaar is & die kaas lekker bruin.
Laat staan so 10min & bedien.
 Dis nogal baie lekker & vinniger as die gewone vleis lasagna*6/6/13
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lasange-geregte.html

Dalene Brits
 LASAGNE
2 eetl Botter
1 Ui, gekap
1 huisie Knoffel
1 Wortel
500 g Maalvleis
2 eetl Puree
1 eier
½ k Kaas
1 tlp Sout
Peper
1 blik geroomde Sampioene
1 Beefblokkie opgelos is:
125 ml Kookwater
6 bolletjies Lint Noedels

Kook noedels 8 min in soutwater & olie.
Smelt botter, braai uie, knoffel en wortels. Braai vleis bruin.
Voeg tamatiepuree by & beef blokkie. Voeg 1tlp sout & knippie peper by. Kook 20 min.
Voeg sampioen, ui en wortels by.
Roer nou kaas en geklitste eier by.
Maak 2x vir oondpan.

LEKKER LASAGNE
1 ui, fyngekap
1 wortel, gerasper
1 selderystingel, fyngekap
2 knoffelhuisies, gekneus
500 g beesmaalvleis
1/3 k rooiwyn
2 blikkies tamaties
3 e tamatiepasta
2 e sojasous
2 e Worcestershire-sous
1 e gedroogde oregano
2 e vars pietersielie, gekap
18 lasagnevelle
½ k gerasperde parmesaankaas

Kaassous
60 g botter
1/3 k meel
1 l melk
¾ k parmesaankaas, gerasper
knippie fyn neutmuskaat

Verhit olyfolie in ʼn pan en braai die ui, seldery, knoffel en wortel tot sag. Voeg maalvleis by en braai tot bruin. Voeg die wyn, tamaties, tamatiepasta en souse by. Geur met sout en peper by en prut 1 uur tot dik. (Hou dop en gooi ʼn bietjie water by as dit lyk of dit droogkook). Maak die kaassous deur die botter te smelt, voeg die meel by en kook 2 minute. Voeg die melk stadig by, klits aanhoudend tot dik. Voeg die ¾ koppie kaas by en sit eenkant.

Plaas ʼn laag lasagnevelle onderin ʼn groot bakpan. Skep die helfte van die maalvleis op en gooi die helfte van die sous oor. Doen laag vir laag dieselfde en eindig met sous. Sprinkel met die ½ koppie parmesaan en bak 45 minute by 180ºC tot die pasta gekook is en die kaas goudbruin is. Henriette Wesselsn.s > EK maak altyd hierdie een van Pasella - mens kan aanpassings doen soos jy van dit hou
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lasange-geregte.html


Etha Burger
HOENDER LASAGNE
2 uie, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
1 soetrissie, ontpit en gekap
25 ml sonneblomolie
1 blik tamatie en uie smoor
10 ml suiker
1 gaar hoender ontvel, ontbeen en in blokkies gesny
5 ml sout
1 ml swartpeper
1 pakkie sampioensouspoeier
250 ml melk
250 g spinasienoedels, gekook (ek gebruik die lasagnevelle)
750 ml witsous
250 ml gerasperde kaas
1 eier, geklits
Voorverhit die oond tot 180. Braai die uie, knoffel en soetrissie in die olie tot sag. Voeg die tamatie en uie smoor, suiker, hoender, sout en peper by en laat 10 min prut. Meng die sampioensouspoeier met 125 ml melk en roer by die hoendermengsel. Laat 5 min stadig prut. Skep die helfte van die noedels op die boom van 'n oondskottel, gevolg deur die helfte van die hoendermengsel. Gooi helfte van die witsous en helfte van die gerasperde kaas oor. Herhaal die lae. Klits die eier saam met die res van die melk en giet oor die kaas. Bak 30 - 35 min tot goudbruin. Genoeg vir 6 persone
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lasange-geregte.html




HOENDER- EN BOTTERSKORSIE-LASAGNE

Henriette Wessels
20ml kookolie
1 ui gekap
4 hoederborsies in blokkies gesny
750g botterskorsies in blokkies gesny
400ml hoenderaftreksel
5ml paprika
10ml Aromat
5ml gedroogte knoffelpoeier
Sour en peper na smaak
½ pak wit lasagnevelle
500ml witsous
250ml gerasperde cheddarkaas
WITSOUS:
50ml margarine, 50ml koekmeel, knippie sout, 500ml melk. Smelt die margarine oor lae hitte, voeg die koekmeel en sout by en roer goed deur met ‘n houtlepel. Voeg die melk bietjie-bietjie by en roer aanhoudend totdat die sous verdik.
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°. Verhit die kookolie in ‘n groot pan, baai die ui en hoender tot goudbruin, verwyder van die hitte en hou eenkant. Kook die botterskorsies en hoenderaftreksel in dieselfde pan tot gaar en tot die vloeistof feitlik weggekook het. Voeg die hoender by die botterskorsiemengsel, en sit die geurmiddels by.
Skep ‘n derde van die hoendermengsel in ‘n gesmeerde oondbak. Pak ‘n enkellaag lasagna velle bo-op, gevolg deur nog ‘n derde van die hoendermengsel. Giet die helfte van die witsous bo-oor. Pak weer ‘n enkel laag lasagnevelle, gevolg deur die res van die hoendermengsel en die witsous. Sprinkel gerasperde kaas bo-oor en bak vir ongeveer 30min tot goudbruin.*Eenskotteltreffers*29/4/13

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lasange-geregte.html

Hoenderlasagne -


 Vinnig en maklike resepte Vrouekeur No 2
Elna Rossouw
Bietjie olie
1ui gekap
1groenrissie ontpit en in blokkies gesny
250g (1 pakkie) sampioene in skyfies
1groot hoender
750ml water
2 hoenderaftrekselblokkies
820g (2x410 g blikke) gekapte tamaties
30ml blatjang
10ml bruinsuiker
10ml vars pietersielie
Knypie sout en peper
250g (1 pak) lasagnevelle
375ml. Mozzarellakaas gerasper
Kaassous:
30ml botter
30ml koekmeel
500ml warm melk
Sout en peper na smaak
375ml cheddarkaas
Stel oond op 180 grade
Verhit olie sorteer uie tot sag. Voeg soetrissie by en sorteer tot sag.
Voeg sampioene by en sorteer totdat vloeistof verdamp het.
Kook hoender in water mer aftrekselblokkies tot sag. Skep hoender uit laat effens afkoel. Ontbeen en vlok in stukke
Voeg hoender, tamatie, blatjang, bruinsuiker, pietersielie, sout en peper by uiemengsel. Meng en laat sous tot dik kook.
Kaassous: Smelt botter in kastrol en roer meel by. Voeg melk geleidelik by en roer oor lae hitte tot sous glad en dik is. Geur met sout en peper. Roer kaas by.
Smeer lagie kaassous op bodem van oondbak. Plaas lasagnevelle bo-op sodat bodem bedek is.
Skep helfte van hoendervulsel bo-op en strooi helfte van mozzarellakaas bo-oor. Skep bietjie kaassous bo-oor, gevolg deur lasagnevelle.
Herhaal met oorblywende hoendervulsel, mozzarellakaas, lasagnevelle en kaassous.
Bak vir 30 minute tot ligbruin bo-op.29/4/13
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lasange-geregte.html

VINNIGE~LASAGNE

voorverhitte oond 190 c gesmeerde oondbak
* Verskerp geur van 500 g gemaalde vleis met 1 E tamatiepasta.
* Kook 500 h lint noedels in sout, kokende water tot sag.
* skep lae van lintnoedels en vleis in n oondskottel.
* Giet 2 en n half k kaassous oor vleis/noedels.
sprinkel gerasperde kaas oor sous.
* bak vir 35-40 min tot bruin..dien op met n mengselslaai.

Geplaas deur: Susan Geldenhuys
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lasange-geregte.html

KASERIGE SAMPIOENLASAGNE

Genoeg vir 10 mense.
100 g STORK BAKE
750 g gemengde sampioene, dun gesny
230 g gewone roomkaas
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
300 g lasagnevelle
300 g groot spinasieblare, gewas en gaar gestoom
125 ml (½ k) room
125 ml (½ k) gerasperde, verouderde cheddarkaas
200 ml gekrummelde fetakaas


60 ml (¼ k) gekrummelde bloukaas

Smelt die STORK BAKE in ’n groot kastrol en braai die sampioene daarin tot gaar.
Voeg die roomkaas by en verhit tot gesmelt en glad sonder dat dit begin kook.
Verwyder van die hitte en geur met sout en peper.
Smeer ’n oondvaste bak van 22 x 22 cm en gooi ’n dun lagie van die mengsel in die bak.
Pak ’n laag lasagnevelle boop en gooi nog ’n lagie sampioenmengsel op die pasta.
Pak ’n paar spinasieblare boop en drup ’n bietjie room oor.
Pak nog ’n laag lasagnevelle bo-op. Herhaal die lae en eindig met die sampioene.
Meng die kase en sprinkel oor.
Drup die oorblywende room oor en laat 30 minute staan voor jy dit sowat 30 minute bak tot die kaas gesmelt is.

Sit voor met ’n groen slaai.
Geplaas deur: Tiana Botes 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lasange-geregte.html

SPAGHETTI MET SPINASIE EN FETAKAAS

300-400g spaghetti
500g vars spinasie
15ml olyfolie
1 ui, fyn gekap
4 knoffelhuisies, gekneus
125ml natuurlike jogurt óf room
200g fetakaas, in 1 cm blokkies gesny
30ml gekapte vars kruie
sout en varsgemaalde swartpeper


Kook die pasta in vinnig kokende soutwater vir sowat 8-10 minute of tot al dente. Dreineer. Spoel intussen die spinasie goed af in koue soutwater, plaas dit nat in 'n groot pot, sit die deksel op en stoom dit oor matige hitte tot net sag sonder om enige vloeistof by te voeg. Haal dit uit, sny die harde stingeldele uit en snipper die res van die blare fyn. Verhit die olie in 'n swaarboompan en soteer die ui en knoffel, tot sag en deurskynend. Voeg die spinasie en jogurt of room by en verhit tot deurwarm. Meng die gaar, warm pasta en spinasiemengsel liggies deur. Geur na smaak. Skep in opdienskottel, sprinkel fetakaas en kruie oor. Sit dadelik met 'n tamatieslaai voor

Geplaas deur: Tiana Botes 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lasange-geregte.html



VISVINGERS LASAGNA:

4-5med aartappels, geskil & in nie te dun ronde skywe gesny,
1/4 ui ook in dun ringe gesny;
gesnipperde sampioene;
genoeg visvingers om oondbak se bodem te dek;
genoeg lasagna velle (ek gebruik Puccini maak- dis gekartel);
2 pakkies cheese & bacon potato bake;
mozzarela & cheddar kaas gerasper.

Metode:
Pak enkel laag lasagna velle op bodem van oondbak. (Kook aartappel ringe in bietjie sout water net tot vurk sag) behou water. Pak warm aartappel ringe bo-op velle (bedek hele bak - maak nie saak of dit oorvleuel nie) dan so hier & daar rou uie ringe. Nou 'n lekker laag dik cheddar kaas. Maak potato bake aan met water waarin aartappels gekook was, as te dik en te min, gooi nog bietjie kookwater by (maak net seker daar is nie klonte nie - meng goed). By die mengsel gooi so 2kop gerasperde cheddar & laat smelt. Sout & peper na smaak. Giet helfte van mengsel oor. Pak nou weer lasagna velle dan sampioene, laag kaas, gevriesde visvingers & ander helfte van potato bake mengsel & laaste meng mozzarela met cheddar kaas laag. Maak die laag maar lekker dik. Sprinkel bietjie rooipeper oor. Laat staan vir so 15min. Bak by 180C vir 30-35min. Skakel oond af, los so 10min in oond, haal uit & laat staan so 10min voor opdiening. Jy kan jou eie speserye ens byvoeg, naak net seker vloeistof is genoeg. Geniet!

Moira Botha Dyer 
(1 portion)
200 g mince meat
10 ml brown onion soup powder
20 ml tomato sauce
10 ml chutney
1 lasagne sheet
1 packet of white sauce
grated cheese
Mix meat, soup powder, tomato sauce and chutney. Prepare white sauce following instructions on the packet. Divide white sauce and meat mixture and layer it as follows in Lasagne Bowl: white sauce, meat mixture, lasagne sheet, meat mixture, white sauce
and top it off with grated cheese. Microwave for 7 minutes on medium and leave to stand for 5 minutes. Enjoy with a green salad.

No comments:

Post a Comment