Thursday 18 April 2013

LOGIC BROODMASJIEN RESEP



BROOD IN BROODMASJIEN

[Broodmasjien is Logic loaf size selection 450-750g.Smaak my dis die kleintjie van almal.

OK,sal julle meisies nie langer aan 'n lyntjie hou nie.
In plaas van witbrood meel gebruik ek net koekmeel.
Die "instant yeast" gebruik ek net die pers pakkie.
Witbrood:(ek werk nog aan 'n bruinetjie,gee kans!)
280 ml koue water(ek meet met my oog)
1 eetlepel suiker(+-15 ml)
1 teelepel sout(5 ml)
30 ml olie
3 koppies koekmeel
1 en half teelepel yeast
Gooi in daardie volgorde in die broodmasjien se pan.
Sit op 'basic' en start die hele besigheid en voila!Na 3 ure 'n brood.Mense,het ek gesmul vanmore!* Mary Doyle*18/4/13* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/logic-broodmasjien-resep.html

1 comment: