Tuesday, 23 April 2013

PIZZAS MET N SKONSDEEG




PiZZA MET SCONE DEEG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/pizzas-met-n-skonsdeeg.html
Kors
250ml Meel
10ml bakpoeier
2ml Sout

25ml Margarine

1 eier
125ml Melk
Topping:

300gr gaar maalvleis of soutbeesvleis (maak dit klaar gaar met jou speserye soos gewoonlik)

10ml aangemaakte mosterd (smeer)

10ml Mayonnaise
50ml agurkies in skyfies
1 blik heel tamaties (ek gebruik vars skil dit net)
sout, peper en bietjie suiker na smaak

250 ml gerasperde Kaas
Sif die meel en bakpoer saam en meng dan die margarine in

Klits die eier en melk saam en voeg by

Meng goed (dis 'n taaierige slap deeg)
Skep in gesmeerde oondbak en maak mooi gelyk met lepel se agterkant

Meng jou mosterd en mayonnaise in jou vleis in en strooi dan die mengsel oor die rou deeg
Pak jou agurkies oor die maalvleis

Sny dan jou tamaties bo op die agurkies
Sout en Peper na smaak oor tamaties (ek gooi so teel suiker ook oor)
Strooi jou kaas bo-oor die tamaties
Bak vir 20-25 min by 200°C Laat so 5 min afkoel, sny blokke en bedien met slaai! Dis heerlik vullend en kinders is ook mal daaroor!
Bron: My ma se resep*Henriette Wessels




No comments:

Post a Comment