Thursday 18 April 2013

REENBOOG TOEBROODJIES


VULSELS vir Reenboogbroodjies


(Debbie Griesel):

EIERLAAG:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/reenboog-toebroodjies.html
6 hardgekookte eiers,
240g baie fyngerasperde kaas,
60ml mayonnaise,
200g saggemaakte botter,sout&peper.

Meng als saam in voedselverwerker tot egalige pasta.Geur met sout en peper.
Moira Botha Dyer
                                                                   
                                                                             

REËNBOOG TOEBROODJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/reenboog-toebroodjies.html
VULSEL 1:
40 ml goeie smeer margarien en 5 ml Marmite of Bovril. Klits deeglik met vurk sodat Marmite in margarien in blend.

VULSEL 2:
40 ml margarien en 20 ml mayonnaise. Klits tot goed gemeng. Rasper 2 gekookte eiers in gebruik fyn rasper en geur met sout en peper of Aromat.

VULSEL 3:
40 ml margarien en 20 ml mayonnaise. Klits goed. Klits nou ½ koppie baie fyn gerasperde kaas by. Voeg ½ -1 teelepel fyngerasperde ui by. Oppas vir te veel dit kan jou vulsel bitter maak. Voeg nou paar druppels groen voedselkleursel by. Vulsel moet kleur van avokado hê. Geur met sout en peper.

Ek gebruik n Albany brood het net mooi 16 snye. Wit of bruin of gemeng, maak nie saak.
Pak 4 stapels brood elk met 4 snye brood voor jou.
Smeer vulsel in op eerste sny en bedek met tweede sny brood.
Maak so met al 4 stapels.
Herhaal proses met vulsels 2 en 3.
As jy klaar is het jy weer 4 stapels brood van 4 snye elk.
Vat nou n skerp broodmes en sny elke stapel se korsies af.
Draai brood toe in foelie en plaas in yskas.
Moet ten minste 8 ure staan om mooi te set.
Wanneer jy dit gaan gebruik, sny elke stapel in lengte middeldeur.
Sny nou die twee helftes in vyf snytjies.
Jy kry dus 10 stukkies uit een stapel en 40 stukkies uit een brood.

Pak op mooi bord en versier met tamaties en slaaiblare help om brood vars te hou.
Plaas terug in yskas tot jy dit gaan bedien.
Die vulsels is geneig om loperig te word in die warm weer en dan skuif snytjies van mekaar af. (WAT EET ONS VANAAND)> Dalene Murdoch Kruger

REENBOOG BROODJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/reenboog-toebroodjies.html
Om die broodjies aanmekaar te sit gebruik drie snye brood op ’n slag. Smeer van die tuna lekker dik op die eerste sny. Maak toe met die tweede sny. Smeer van die eier op die tweede sny en sit die derde sny bo-op. Herhaal tot al die snye brood gebruik is. Maak die broodjies toe met tinfoelie en plaas in die yskas. Net voor jy hulle bedien, sny jy die korsies af. Sny elke broodjie in vier. Druk een kant van elke broodjie in die fyngekapte pistasieneute.****Helena Kruger                                                                 
                                                                         
NOG 'n VULSEL vir Reenboogbroodjies
(Debbie Griesel)
TUNA-LAAG:
3 blikke tuna,
75ml tamatiesous
60ml mayonnaise,
200g saggemaakte botter,sout&peper.
Dreineer tuna. Meng alles saam in voedselverwerker(behalwe sout&peper) tot 'n egalige pasta, geur met sout & peper *Moira Botha Dyer http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/reenboog-toebroodjies.html

No comments:

Post a Comment