Friday 19 April 2013

ROOIFLUWEELKAASKOEK



Rooifluweelkaaskoek:
KAASKOEKKORS:
125g botter/marg;
60ml suiker;
1 ekstragroot eier;
500ml koekmeel;
7ml bakpoeier.

KAASKOEKVULSEL:
1kg roomkaas;
375ml suiker;
250ml room;
10ml vanilla;
gerasperde skil van 1 suurlemoen;
sap van 1 en 'n halwe suurlemoen en
8 ekstragroot eiers.

ROOIFLUWEELKOEK:
115g botter/marg;
375ml strooisuiker;
2 ekstragroot eiers;
30ml rooi voedselkleursel;
45ml kakao;
250ml karringmelk;
5ml vanilla;
625ml koekmeel;
2ml sout;
7ml koeksoda en
15ml asyn.

ROOMKAASVERSIERSEL:
500g versiersuiker, gesif;
150g geroomde maaskaas;
30ml sagte botter;
5ml vanilla.

Voorverhit oond tot 200g. Smeer of spuit vier 23cm laagkoekpanne.

KAASKOEKKORS: Verroom botter en suiker tot lig en romerig. Voeg die eier by en klits goed. Sif meel en bakpoeier saam en roer by bottermengsel tot 'n stewige deeg vorm. Druk die deeg in een van die koekpanne.

KAASKOEKVULSEL: Klits al die bestandele vir die vulsel goed saam, giet die helfte oor die kors en die ander helfte in 'n ander koekpan. Bak 45min. Haal koek uit die oond en laat heeltemal afkoel. Verkoel oornag in yskas.

ROOIFLUWEELKOEK: Voorverhit oond tot 180g. Verroom botter/marg en suiker tot lig en romerig. Voeg die eiers by en klits goed. Meng kleursel en kakao deeglik, voeg die karringmelk en geursel by en meng goed. Sif meel & sout saam en roer beurtelings met kakaomengsel by die eiermengsel in. Meng koeksoda en asyn en vou by beslag in. Giet beslag in twee koekpanne en maak gelyk. Bak 30min of tot 'n toetspen skoon uit die middel van die koeke kom. Keer uit op draadrak om af te koel.

ROOMKAASVERSIERSEL: Klits bestanddele tot romerig. Plaas een van die fluweelkoeklae op die kaaskoekbasis, smeer met versiersel en stapel die res van die koeklae om die beurt met die versiersel bo-op. Versier koek met die orige versiersel en blomme as jy wil. **** Moira Botha Dyer

No comments:

Post a Comment