Thursday 18 April 2013

SJOKOLADE MUESLISTOKKIES


SJOKOLADE MUESLISTOKKIES

Ongeveer 20 blokkies
600 g melksjokolade
300 g (625 ml) muesli
stokkies om in die sjokoladeblokkies te druk
klein papierbakkies (soos vir muffins, net kleiner)
1.Kry ’n glasbak of ’n metaalbak wat oor ’n kastrol pas.
2.Maak die kastrol vol water, maar nie té vol nie. As jy die bak bo-op die kastrol sit, moet die water nie aan die bak raak nie.
3.Haal eers weer die bak af en laat die water in die kastrol kook.
4.Breek solank die sjokolade in blokkies en gooi dit in die bak wat oor die kastrol pas.
5.Sit die bak oor die kastrol wanneer die water kook en laat staan so. Skakel die plaat af. Die sjokolade sal nou smelt. Jy kan so elke nou en dan ’n roer gee.
6.Wanneer die sjokolade gesmelt het, gooi die muesli by en meng goed.
7.Gebruik silikoonysbakkies en maak hulle vol met die sjokolademengsel.
8.Laat dit eers ’n bietjie staan voor jy ’n stokkie in elkeen indruk. Jy kan die sjokolade in die yskas laat hard word, maar dis beter om dit net op ’n koel plek te laat staan tot dit hard is. (Die sjokolade kan lelik wit word as jy dit in die yskas sit.)
9.Haal die blokkies uit en sit elkeen in ’n klein papierbakkie. Rindie Smit

No comments:

Post a Comment