Monday, 22 April 2013

SLAAIROLLETJIE MET BILTONG



SLAAI ROLLETJIES MET BILTONG EN SOET MOSTERD
MOSTERDSOUS:
45ml Dijon-mosterd,
15ml heuning...Meng die best goed.
SLAAIROLLETJIE:
1 komkommer (geskil) en lang repe gesny met groenteskiller,

1pak botterslaaiblare,
200g nat biltong in baie dun skyfies gekerf,
1of2 nektariens/pruime in skyfies gesny,
1rooi ui dun skyfies gesny.
Pak 4-5 lang repe komkommer op plat oppervlak,pak slaaiblare op.
Stapel 'n handvol biltong, 'n paar skyfies nektarien/pruime en bietjie rooi-ui bo-op.
Drup 'n bietjie mosterdmengsel oor en rol komkommerrepies op.
Herhaal met die res van die bestandele.
Bedien saam met res van die heuningmosterd.
Bron: Onbekend
Plasing: Moira Botha Dyer 20/4/13*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/slaairolletjie-met-biltong.html

No comments:

Post a Comment