VARKWORSIE ONTBYT
VARKWORSIE
ONTBYT BROODJIE
(genoeg vir 4)
•15 ml olyfolie
•6 varkworsies
•4 rolletjies van jou keuse
•groot hande vol roketblare
•2 tamaties, in skywe gesny
•4 medium-gekookte eiers
Verhit olyfolie in pan. Braai worsies oor medium
hitte in olie tot gaar.
Sny rolletjies oop en pak vars roket binne-in. Pak
tamaties en eier bo-op.
Halveer worsies in lengte en sit in rolletjies –
drie stukke per rolletjie. Maak toe.
Bron: Sarie Kos*Henriette Wessels
No comments:
Post a Comment