Thursday 2 May 2013

ANCOISE SE VETKOEK






ANCOISE SE VETKOEK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/05/ancoise-se-vetkoek.html

Brood, buns , vetkoek , roosterkoek en doughnut resep alles in een
Ancoise Strydom
Ek wou vanoggend vetkoek bak maar ny olie was te min. Toe bak ek sommer die vetkoek in die oond hehehe
5 koppies koekmeel
1 pers pakkie kitsgis van anchor
10 ml sout
Meng bogenoemde
1 koppie kookwater
50 ml goue stroop
80 ml kookolie of gesmelte botter
Meng bogenoemde goed en voeg een koppie koue water by.
Meng die vloeistof by die meelmengsel en knie tot elasties . Dit klou nie meer aan jou hande vas nie en die deeg is sag en plyable. Smeer die bak met olie sodat deeg nie vassit. Smeer deeg met biki olie en bedek oppervlak met plastiek. Anders droog dit uit.
Laat rys op warm plek. Ek sit my oond op 50C en sit sy waaier aan .
Laat rys omtrent n uur . Of tot volume verdubbel.
Om vetkoek te bak dop jou deeg onaangeraak op n meelbestrooide oppervlak.
Rol plat met koekroller tot 2.5cm dik . Sny in blokke met pitza cutter. Laat rys op warm plek tot volume verdubbel. Bak in warm kookolie. Of maak doughnuts . Om brood te maak knie gewoonweg af na eerste rysproses. Vorm brood of broodrolle en plaas in gesmeerde pan. Laat pan vol rys. Bak by 180C vir tot45 min.
Smeer biki melk oor. Draai toe in vadoek en laat afkoel
Jy kan die doughnuts ook so bak**30/4/13

 


No comments:

Post a Comment