Sunday 5 May 2013

EGTE GRIEKSE KOURAMBIEDES



EGTE GRIEKSE KOURAMBIEDES

Ancoise Strydom.

Resep van my Griekse vriendin Appenique.

500 g botter
2 eiers
25 ml brandewyn
20 ml bakpoeier
200 g fyn amandels
6 koppies koekmeel
3 ml sout
(Let wel geen suiker)

Room botter en voeg eiers een vir een by . Voeg brandewyn by. Meng meel , amandels, bakpoeier en sout. Voeg eier en botter mengsel by meelmengsel en knie tot dit nie meer aan jou hande vassit nie. Rol in wors en laat afkoel in yskas. Sny in ewe groot sirkeltjies en vorm halfmaantjies en bak vir 20 min by 180*C

BAIE BELANGRIK!

Sorg dat jy n lugdigte bak met ten minste 4 pakke versiersuiker het. Gooi een pak oor bodem van bak. Plaas die warm, pas uit die oond koekies, dadelik op die versiersuiker en strooi dik laag versiersuiker oor die koekies en pak weer koekies en weer icing. Sit dadelik die deksel van die bak op. Die koekies sweet nou en suig die versiersuiker in. Dit klou dan mooi en wanneer heeltemal afgekoel is skud versiersuiker liggies af en pak in lugdigte houer. Bedien saam met Griekse espresso in demitas koppies.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/egte-griekse-kourambiedes.html

No comments:

Post a Comment