Thursday, 2 May 2013

KARRINGMELK BESKUIT





KARRINGMELK BESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/05/karringmelk-beskuit.html
Ancoise Strydom
Voorwaar n treffer bros beskuit met hoë absorbsie soder dat dit afbreek in koffie.{Mikrogolf oond}
500 gr bruismeel gesif
2ml sout

10 ml bakpoeier.
150 gr sagte bruin suiker
Meng bogenoemde goed.
175gr botter.
Smelt vir minuut in mikrogolf.

Klits 2 eiers saam met 250ml karringmelk.
Klits gesmelte botter by eiermengsel

Voeg droë bestandele by eier en botter mengsel.
Meng goed tot glad en egalig.
Bak in 2 lt bespuite roomysbak vir 12 minute op hoog en los dan 10 minute in oomd sonder om oop te maak. Dis baie belangrik.
Sny in skywe en en vingers en droog dan uit in oond.
Ek droog my beskuit uit op 90 C vir ongeveer 4 ure.
Maar ek sit n houtlepel aan die binnekant van die deur sodat dit effe oop is.
Breek maar een oop en toets. Indien beskuit nie goed uitgedroog word , vorm dit n harde kern binne
30/4/13
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment