Wednesday, 29 May 2013

MARSHMALLOW TERT



Marshmallow Tert
1 blik kondensmelk
1 blik crushed pynappels
1 pakkie tennis- of mariebeskuitjies
botter
Gesnipperde marshmallows
Meng kondensmelk, pynappels en marshmallows goed saam.
Krummel kors van mariebeskuitjies of tennisbeskuitjies met botter
Giet mengsel bo-oor kors en plaas in yskas om te stol.*OFM*29/5/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/marshmallow-tert.html


MARSHMALLOW TERT
20 Marshmallows
½ koppie room
1 koppie melk
1 blok sjokolade - neute
Smelt marshmallow en sjokolade oor kastrol met water in. Gooi melk by. Haal van stoof af as alles gesmelt het en roer room by. Gooi in krummelkors en laat afkoel.
Krummelkors:
1½ koppier beskuitjie krummel of rice Crispies. Meng met ½ koppie sagte botter en 1½ eetlepel suiker. Druk stewig vas in tertpan. Verkoel tot styf is.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/marshmallow-tert.html

        




Marshmallow Fridge Tart

*Simply delicious*
1 packet tennis biscuits (coconut flavoured cookies), crushed
3 tbsn butter, melted
1 tin condensed milk
100ml lemon juice
1 cup plain, greek yoghurt
500ml cream
2 cups marshmallows, finely chopped (you can also use mini-marshmallows)
1 cup red glacé cherries, chopped
Mix the tennis biscuits with the butter and stir until the mixture resembles damp sand. Press into the bottom of a deep, rectangular dish (or smaller dishes if you prefer to make individual portions).
In a mixing bowl, combine the condensed milk and lemon juice and beat until thick. Fold in the Greek yoghurt.
Whip the cream until stiff peaks form.
Fold the marshmallows and cherries into the condensed milk mixture.
Gently fold the cream into the condensed milk mixture.
Pour the mixture onto the biscuit crumb base and refrigerate until set.29/5/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/marshmallow-tert.html 




MARSHMELLOWTERT :
BESTANDDELE:
250ml Orley Whip ;
50ml Strooisuiker ;
1 x Blik kondensmelk ;
1/2 (half) kop (125ml) suurlemoensap ;
pak marshmellows (sny met skêr in kleiner stukkies

METODE: 
Klits Orley Whip en strooisuiker vir so 3-4 min.Voeg kondensmelk en suurlemoensap by. Klits stadig tot goed gemeng. Voeg dan marshmellows by en meng goed deur.Voeg in voorbereide tertbak met kors en versier met paar stukkies marshmellows.
KORS :
Maak kors van margarien en gekrummelde tennisbeskuitjies.Die resep is genoeg vir twee ronde foil tertbakke.




Romany Cream Sjokolade Tert - Heeeeeeerlik!!!!

150g (1 pak) Marshmallows
1 koppie (250ml) melk
1 slab (200g) melk chocolate
1 boks Romany Creams
75g botter
1 koppie (250ml) room
1 chocolate flake vir versiering

Meng marshmallows en melk in n kastrol oor medium hitte (of in mikrogolf). Meng totdat al die marshmallows gesmelt is. Voeg die sjokolade stukkie vir stukkie by. Roer totdat die mengsel glad is. Laat toe om af te koel. Maak die Romany creams fyn. Smelt die botter en voeg dit by die Romany Creams. Druk die koekie mengsel in n tert bak en verkoel. Klop die room en vou in die verkoelde marshmallow mengsel. Giet die mengsel bo-op die koekie kors. Sit in die yskas om te set vir n paar uur of oornag. Versier met flake.

Ek het hierdie resep by my man se ouma gekry...sy ken dit as "Malvalekkertert" maar sy gebruik die Fruit&Nut sjokolade. Ek het weer eendag hierdie resep by 'n ander tannie gekry wat dit die Romany Cream Sjokolade Tert genoem het....bietjie meer beskrywend.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/marshmallow-tert.html 
 
MARSHMALLOW TERT
1 blik kondensmelk
1/4 k suurlemoensap
300g marsmallows gesny
12 kersies in helfte gesny
1 k room
1 t vanilla
2 pk boudoir koekies
1/2 k pynappelstukkies of aarbeie of piesangs ens.

Klits kondensmelk en suurlemoensap tot dik. Voeg kersies by en dan marshmallows. Klits room en vanilla tot styf en voeg by. Gooi pynappelstukkies of ander by. Sit vingerkoekies in tertbord en gooi vulsel bo-op.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/marshmallow-tert.html 


No comments:

Post a Comment