Saturday 11 May 2013

MELKTERT KOEK




MELKTERT KOEK

Leonie Beukes
Koek
3kop bruismeel
430ml suiker
350g margarien of botter

6 ekstra groot eiers
80ml melk

15ml vanilla
Verhit oond tot 160.
Voer 2 x 20cm ronde koekpanne met bakpapier (langs die kante ook) met bakpapier.

Sif meel, voeg suiker, eiers en botter by en klits met elektriese klitser vir so 30sekondes.

Voeg melk en vanilla by en klits vir 1minuut.
Skep in panne en bak ongeveer 50minute totdat gaar.
Melktertvulsel
2kop volroom melk
30ml margarien of botter
385g blikkie kondensmelk
1 ekstra groot eier

45ml mielieblom
5ml vanilla

Verhit melk, botter, en kondensmelk totdat botter gesmelt het.

Klits eier, mielieblom en vanilla.
As
Voeg verhitte melk by en meng goed, gooi terug in kastrol en verhit terwyl jy roer vir so 3minute of totdat dit dik word.
As dit kook, haal van die stoof af en gooi in bakkie, sit plastiek oor sodat 'n velletjie nie vorm nie. Laat goed afkoel in die yskas tot koud.

Ganache
125ml room
15ml botter of margarien
375g wit sjokolade

Kaneelstokkie
Sit als in kastrol om te smelt, tot glad. Sit in yskas om te stol.
Versiering
100g donker sjokolade

Sny koeklae deur (so jy het 4 lae).
Smeer melktertvulsel tussen in, strooi kaneel oor die vulsel, eindig met koeklaag.

Die ganache moet 'n grondboontjie-dikte wees, smeer bo-oor en langs die kante.
Smelt donker sjokolade, maak kanversiering op waspapier, as dit amper droog is, sit om koek.
Maak sjokolade krulle vir bo - of versier nes jy voel
Geniet!!!!11/5/13

No comments:

Post a Comment