Monday 6 May 2013

VANILLA KOEK

VANILLA KOEK

VANILLA OONPAN KOEK
Elaine Faasen Rossouw
1.)  Meng in beker en laat staan om af te koel:
500 ml kookwater & 150 ml olie.
2.)  Klits saam tot baie donsig en liggeel:
6 groot eiers & 3 koppies suiker
3.)  Voeg by die eier en suiker mengsel:
3 koppies koekmeel, 30 ml bakpoeier & 2 ml sout.
4.)  Vou meel met houtlepel by die eiermengsel in anders is daar te veel lug in die mengsel en kry jy tonneltjies in die koek wanneer dit klaar gebak is.
5.)  Gooi nou die water en olie mengsel by en meng goed met die houtlepel.
6.)  Gooi mengsel in oondpan en bak 30 minute @ 180°C.
Bron: In en Om die Huis
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/vanilla-koek.html 


BASIESE VANIELJEKOEKBESLAG MET 4 VARIASIES

120g (130ml) botter
110g (185ml) strooisuiker
7ml vanilla geursel
2 groot eiers
240g (440ml) koekmeel
10ml bakpoeier
125ml melk

Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C. Klop die botter tot lig, voeg die strooisuiker bietjie-bietjie by en klop goed. Voeg die vanilla by en daarna die eiers een- een, klop goed na elke byvoeging. Sif die meel, bakpoeier en ‘n knippie sout saam. Vou dit om die beurt met die melk by die bottermengsel. Skep in gesmeerde en gevoerde ronde koekpan van 22cm. (ring pan werk ook baie goed en versier pragtig) Bak vir 45min of tot die toetspen skoon uitkom. Laat vir 10min in die pan afkoel. Keer uit en laat verder afkoel op ‘n draadrakkie. Versier met botterversiersel of soos verlang.

VARIASIES
SJOKOLADEKOEK
Verminder die hoeveelheid koekmeel met 50ml, verhit die melk en voeg 50ml kakaopoeier en 10ml suiker by. Roer tot opgelos en laat afkoel, volg resep soos bo.

LEMOENKOEK
Verminder die hoeveelheid melk tot 65ml en voeg 60ml vars lemoensap by. Voeg 5ml gerasperde lemoenskil by. Volg resep soos bo.

SUURLEMOEN OF LEMMETJIEKOEK
Verminder die hoeveelheid melk tot 100ml en gebruik 25ml suurlemoen- of lemmetjie sap. Voeg 7ml gerasperde suurlemoen- of lemmetjie skil by. Volg resep soos bo.

KLAPPERKOEK
Voeg 100ml droë klapper by en verminder die hoeveelheid koekmeel met 50ml. Volg resep soos bo.

BOTTERVERSIERSEL.
Klop
225g (245ml) sagte botter en
460 (885ml) gesifte versiersuiker saam.
Voeg 50-60ml melk bietjie-bietjie by tot die mengsel glad en smeerbaar is. Geur met 10ml vanilla geursel of 5ml gerasperde skil om te pas by die koek, of gebruik 400g (770g) versiersuiker en 60g (190ml) kakaopoeier vir sjokoladeversiersel.
Diane Roode Hancox
FEB 2011
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/vanilla-koek.html


No comments:

Post a Comment