Friday 24 May 2013

VINNIGE VETKOEKIES

Vinnige Vetkoekies
4k meel
1+ 1/2 t sout
4t Bakpoeier afgeskraap
Water om te meng..slaperige deeg nie te slap nie.
skep lepels vol in lekker warm olie en braai mooi bruin..Helena Kruger 23/5/13.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/vinnige-vetkoekies.html

********************************************************************************


Lekker VETKOEK gebak en ja dit is n baie lekker resep Probeer gerus..Helena
VETKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/vinnige-vetkoekies.html
2 k meel
3t botter
1/2 t sout
2t bakpoeier
1k melk
2 eiers
Sif droee best. saam
Vryf botter met jou vingers in soos krummels
Meng melk en eiers[klits] en roer stadig by tot gemeng
skep lepelsvol in vlak olie en braai mooi bruin..Helena Kruger*01/12/2015


 




*********************************************************************************

KITS VETKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/vinnige-vetkoekies.html
Meng
2 k Bruismeel
1 t sout
300 ml louwarm melk tot sagte deeg wat van lepel val.
Verhit plat pan met vlak olie tot medium warm.
Skep lepels vol in olie en bak op medium hitte tot goudbruin alkant en gaar.
Dreineer olie op kombuispapier. Bedien warm met stroop.**lekker**



VETKOEKIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/vinnige-vetkoekies.html
Carol Smith
My eie vetkoek wat hele paar dae hou, maar kry gewoonlik nie veel kans! Indien nie brood die oggend of as uitkamp. Baie lekker, en sag.

Maak pot slap mieliepap.
Ongeveer 2 koppies slap pap reeds sout in, 1eetlepel botter

2-3 koppies meel voeg by in bak.
3 teelepels bakpoeier roer by, met halwe teelepel sout.
Klop 2 eiers en roer alles goed deur.
Kan gerasperde kaas byvoeg as wil.
Skep lepelsvol in warm olie en bak mooi goudbruin. Baie lekker. Deeg moet nie slap wees maar ook nie stokstywe deeg nie.







Vetkoek:

Sulke lekker opgepofte vetkoeke wat ons met stroop of appelkooskonfyt geëet het. Lekker maklik om te maak en jy hoef nie ure te wag vir die suurdeeg om te rys nie
2 koppies (500 ml) koekmeel
4 teelepels (20 ml) bakpoeier
½ teelepel (2 ml) sout
3 teelepels (15 ml) botter
1 koppie (250 ml) melk
± 2 koppies sonneblomolie
Gouestroop om mee voor te sit
Sif die droë bestanddele saam.
Vryf die botter daarin en maak die deeg aan met die melk.
Verhit die olie. Skep ’n klein stukkie deeg in die warm olie om te toets of die olie reg is.
As die deeg mooi stadig bruin braai, sal die olie gereed wees.
Onthou om die temperatuur laer te draai, want die vetkoek braai sowat 10 minute in die olie om dwarsdeur gaar te word.


 ’n Lekker wenk is om twee eetlepels te gebruik om die deeg in die olie te skep, en voor elke skep doop jy die lepels in die warm olie. Wanneer gaar, plaas die vetkoek op kombuispapier om van oortollige olie ontslae te raak*Boere Chef* 8/6/13
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/vinnige-vetkoekies.html

1 comment: