Sunday 5 May 2013

VLA SKYWE




VLASKYWE  

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/vla-skywe_6901.html
(Wenresepte 2)
1 pk Cream crackers
1 L melk
250ml suiker
60ml botter of margarien
120ml koekmeelblom
10ml vlapoeier
100ml mielieblom
2ml sout
100ml koue water
3 eiers, geskei
5ml vanieljegeursel
500ml versiersuiker, gesif
sowat 40ml kookwater
Smeer n vlak glasbak of bespuit dit met kleefwerende middel. Pak 15 van die creamcrackers in rye van 5x3 op die boom van die bak en sorg dat die halveringslyne van die beskuitjies almal in dieselfde rigting le.
Verhit die melk in n groot kastrol tot kookpunt. Voe die suiker en botter of margarien by en roer tot gesmelt. Haal dit van die stoof af.
Meng die koekmeelblom, mielieblom, vlapoeier, sout en koue water deeglik. Voeg die eiergele by en klits goed.
Klits van die melkmengsel geleidelik by die vlamengsel. Gooi dit terug in die kastrol by die res van die melk. Roer aanhoudend oor lae hitte en kook sowat 5 min tot dik. Haal van die stoof af en roer die vaniljegeursel by. Klits die eierwitte totdat sagte punte vorm. Vou die ierwitte liggies met n metaallepel in die vlamengsel in.
Gooi die warm vla oor die beskuitjies in die bak. Bedek die vla met n verdere 15 beskuitjies in rye van 5x3 en sorg dat die halveringslyne in dieselfde rigting is as die onderste laag s'n. Laat die vlavulsel afkoel en plaas dit in die koelkas om heeltemal koud te word.
Meng die versiersuiker en kookwater tot n smeerbare versiersel. Gooi dit stadig oor die kraakbeskuitjies en smeer dit ewe dik. Hou dit in die koelkas tot benodig. Sny die vlaskywe so groot soos halwe kraakbeskuitjies wanneer jy hulle opdien.**
Jenny van der Westhuizen


Louise Groenewald
VLASKYWE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/vla-skywe_6901.html
(Mikrogolf Wenners – Annette Human)

1 pak (200g) kraakbeskuitjies (Cream Crackers)
1 Liter Melk
200g (250ml) Witsuiker
50g (60ml) Botter of marg.
70g (125ml) Koekmeelblom
50g (100ml) Mielieblom (Maizena)
12,5ml Vlapoeier
2ml Sout
125ml Koue water
3 Eiers
5ml Vanieljegeursel
250g (475ml) Versiersuiker
25ml Kookwater
10ml Suurlemoensap


Pak die beskuitjies in rye van drie op die boom van ‘n vlak, reghoekige bak van 30 x 23cm en sorg dat al die halveringslyne van die beskuitjies in dieselfde rigting lê.
Mikrogolf die melk, witsuiker en botter of marg. Ongeveer 10 minute oop in ‘n diep 2 liter bak by 100% krag tot kookpunt en roer dit af en toe om die suikerkorrels makliker te laat smelt.
Meng die koekmeelblom, mielieblom, vlapoeier en sout in ‘n middelslag mengbak. Klits die koue water en eiers saam en maak die meelmengsel daarmee aan. Klits ‘n bietjie van die kookmelkmengsel by die meelmengsel en klits die meelmengsel dan by die res van die kookmelkmengsel.
Mikrogolf die vulsel 7 minute oop by 70% krag en klop dit elke 1½ minuut goed met ‘n draadklitser. Roer die vanieljegeursel by.
Skep die vulsel op die beskuitjies in die bak en maak gelyk. Bedek dit met ‘n laag kraakbeskuitjies wat presies soos die onderste laag gepak is. Laat dit ‘n rukkie by kamertemperatuur afkoel en verkoel dit dan verder in die koelkas.
Sif die versiersuiker en maak dit met die kookwater en suurlemoensap aan. Bedek die boonste beskuitjies daarmee. Plaas dit weer in die koelkas om styf te word.
Sny net voor opdiening die vlaskywe in blokkies so groot soos halwe kraakbeskuitjies

.


Jeanette van Leeuwen

Lekkerste vlaskywe.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/vla-skywe_6901.html
Vulsel
1 liter + 125ml melk
30 ml botter
3 eiers
200ml suiker
60 ml koekmeel
60ml mazina
70ml custerd poeier
1ml sout
2 pakkie cream crackers
500ml versier suiker
Bietjie water om mee aan te maak

Gooi melk en botter in kastrol bring tot kook punt melk moet styg dans hy perfek!!
Skei 2 van die eiers en klits die wit mooi styf
Klits 125ml melk met suiker, meel, mazina, custerd en sout eier en eiergele tot n pasta!! Roer nou by melk in met n klitser om klonte te voorkom haal van plaat af! Vou nou eier witte by mengsel in moenie klits! Pak cream crackers nou in bak dat eweredig dat lyne van koekies oorstem! Gooi pap in smeer glad pak nou ander creamcrakers bo op! Gooi nou icing oor moet loperig wees dat jy dit kan smeer! Sit in yskas tot koud!!! Lekkerste vlaskywe my ma se resep:)


KITSVLASKYWE

Carla Hoffmann
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/vla-skywe_6901.html
450ml cream ,
1 pakkie vanilla pudding en
puff pastry.

Klop room en vanila tot styf. Sit in yskas. Sny puff pastry in blokkies van jou keuse.
Cook en spray n oond pan en bak vir plus minus 30min of tot bruin.
Laat afkoel. Sny in die middel deur.Plaas vanilla mengesel in die middel en sprinkle bietjie versiersuiker bo op pastry

Grenadellavlaskywe

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/vla-skywe_6901.html
Landbouweekblad
1 x 200g tennisbeskuitjies
750ml melk
250ml melk
60g botter
125ml koekmeel
80ml vlapoeier
250ml grenadellasap
2ml sout
100ml koue water
3 eiers geskei
5ml vanilla
Versiersel
500ml versiersuiker gesif
30-45ml grenadellapulp

Smeer 'n groot tertbak goed met botter of spruit met kossproei. Pak 'n laag tennisbeskuitjies op die boom van die bak en hou eenkant. Verhit die melk, suiker en botter saam tot die suiker gesmelt is. Meng intussen meel, vlapoeier, grenadellasap, sout, en koue water saam tot glad. Klits eiergele hierby. Voeg van die warm melk hierby, roer deeglik en giet alles terug in die kastrol. Verhit stadig oor lae hitte tot kookpunt en prut liggies terwyl jy roer tot dik. Haal van die stoof af en roer die vanilla by. Klits eierwitte tot sagte punt staduim en vou by die vlamengsel in. Skep warm vla versigtig oor de beskuitjies en maak gelyk. Pak die res van die beskuitjies bo-op die vla. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Meng versiersuiker en grenadellapulp en smeer bo oor vlaskywe. Bere in die yskas. Lewer 10 porsies 
.


Vla-skywe  

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/vla-skywe_6901.html
SARIE -
1 vel blaardeeg
Versiersel
200 g versiersuiker
15 ml water
15 ml suurlemoensap
Vulsel
60 ml vlapoeier
600 ml melk

Rol die blaardeeg redelik plat uit en halveer. Besprinkel ’n bakplaat liggies met water en prik die deeg goed met ’n vurk (dit sal keer dat die blaardeeg te veel rys). Bak vir ongeveer 15 minute teen 200 ˚C tot ligbruin, en laat afkoel op ’n afkoelrak. Meng die vlapoeier met ’n bietjie melk om ’n gladde pasta te vorm. Bring die res van die melk tot kookpunt, verwyder van die hitte en roer die vlapoeiermengsel by. Sit die vla terug op die hitte en roer aanhoudend vir ongeveer een minuut. Gooi die vla oor in ’n mengbak, bedek met kleefplastiek en laat effens afkoel. Sif die versiersuiker en meng met die water en suurlemoensap. Bedek een helfte van die blaardeeg met die versiersuiker-mengsel. Plaas die vlavulsel bo-op die onversierde blaardeeg-helfte en sit die versierde helfte bo-op. Sit in die yskas totdat dit gestol het en sny in skywe. 


Vla-skywe resep:
1 eier,
500ml gekoopte vanieljevla,
15ml gelatien,opgelos in 125ml warm water,
versiersuiker vir bo-oor strooi.

Metode:
Verhit oond tot 200gC.
Voer 'n bakplaat met bakpapier uit.
1) Rol deeg dunner uit.& sny in 12 blokke. Pak op die bakplaat, verf eier oor & bak 15min.
Laat heeltemal afkoel.
2) Verhit vla effens.
Roer die gelatienoplossing by 'n bietjie daarvan & menng dan met res.
Verkoel tot dit begin stol, klits af en toe.
3) Stapel die skywe opmekaar met vulsel tussenin.
Strooi veriersuiker bo-oor. 
N.S Baie maklik en vinnige resep!Moira Botha Dyer 
.

No comments:

Post a Comment