Monday 27 May 2013

WAAIER AARTAPPELS

WAAIER- AARTAPPELS
12 aartappels
15 ml botter
45 ml olyfolie
1of 2 knoffelhuisies, gekneus
Sout en varsgemaalde swartpeper
Was die aartappels skoon af en sny in skywe, sowat 3 tot 5 mm dik, maar die regdeur nie.
Smelt die botter en olie in 'n oondpan.
Oor 'n matige hitte[stoof] voeg die knoffel by die olie en plaas die aartappels versigtig in die warm olie in 'n enkellaag in die oondpan.
Roer die aartappels in die oondpan rond vir 2 tot 3 minute sodat die aartappels effens verkleur. Draai hulle dan op hulle ruggies[ongesnyde kant]
6. Geur die aartappels met sout en peper.
7. Bak die aartappels in 'n voorverhitte oond teen 180*C vir 25 tot 30 minute of tot goudbruin en sag. Soos die aartappels bak, maak hulle oop soos n waaier. Helena 7/9/10 C
Wenk om 'n aartappel in 'n waaier te sny: Plaas aartappel in 'n opskeplepel en sny deur met 'n skerp mes tot op die rand van die lepel.
Dit sal voorkom dat jy die aartappel regdeur sny. 2/11/11*Helena Kruger http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/waaier-aartappels.html

                                  

No comments:

Post a Comment