Tuesday 11 June 2013

BOLOGNAISE SOUS

                   

BOLOGNAISE SOUS
2 Uie
80 ml Olyfolie
350g Beesmaalvleis

Braai uie in olie tot deurskynend.  Voeg vleis by en braai bruin.

80 ml Rooiwyn
2 Splashes Worcester Sous
1 destlp Steak & Tjops
2 eetlps Asyn
2 ½ tlps Heuning
3 Knoffelhuisies, gekneus
¾ tlp Sout
¾ tlp hot Chillie paste (Peri-peri)
¾ tlp Paprika
2 tlps Oreganum
¾ tlp Swartpeper
60g Tamatiepasta
1kg gekapte vars Tamaties
Voeg die res van die bestanddele by en simmer vir ten minste 45min, maar verkieslik 2 ure.

Maak witsous met Bruismeel en roer dit in die pasta. Gooi dan die sous bo-oor en dan bietjie kaas.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/bolognese-sous.html

BOLOGNAISE BASISRESEP 

Gebruik hierdie resep en maak sommer 'n lekker groot klomp, vries dit in porsies en maak verskillende geregte daarvan. Hier volg 5 lekker idees.
45ml olyfolie
250g spek grof gekap
1 ui fyn gekap
2 knoffelhuisies gekap
500g maalvleis
1 x 400g blik tamaties
250g tamatiepasta
hand vol tiemie
350ml rooiwyn
100g parmesaankaas gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper
Metode:

Verhit olyfolie tot warm in middelslag pot. Voeg spek, ui en knoffel by. Roerbraai vir 5-8min of tot spek mooi bruin is. Voeg maalvleis by en braai verder vir nog 5-8min of tot die vleis bruin is. Maak seker jy roer al die klonte in die maalvleis goed sodat jy 'n lekker los mengsel het. Voeg blk tamaties, -pasta, helfte van tiemie en al die rooiwyn by. Meng goed en sit hitte op laag. Laat stadig prut vir minstens 90min terwyl jy elke 10min roer. (Hoe langer dit kook, hoe lekkerder is die sous). Voeg parmesaankaas en res van tiemie by. Roer weer. Geur goed met sout en peper. Sit voor saam met gekookte spagetti.
Sarie 2011
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/bolognese-sous.html


KAREN SE  BOLOGNAISE
1 groot ui, gekap
3 knoffelhuisies
1 pakkie spek, gesnipper
1 kg maalvleis, of 1kg skaapskenkels
2 blikkies tamaties
1 x 410g blik tamatiepuree
sout en peper
paprika
2 eetlepels asyn
1 eetlepel suiker
blatjang, na smaak
spaghetti


As jy skaapskenkels gebruik, bak dit in die oond teen 160 grade vir 2 tot 3 uur.
Ontbeen dit, maak dit fyn en gebruik dit dan nes die maalvleis in die dis.

Braai die ui en knoffel.
Haal uit.
Braai die spek tot bros en haal uit.
Braai maalvleis gaar en voeg die van die bestandele by.
Laat dit stadig prut.

Bedien op spaghetti. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/bolognese-sous.html  

Hierdie  Bolognese resep is verby hemels! Perfek vir reën dae soos vandag! 

Benodig:

- 4 tamaties
- 2 uie
- 500g maalvleis
- 1 teelepel gekapte knoffel
- 15ml kook olie
- Spaghetti (Genoeg vir 3-4 mense)
- 1pakkie Koo tamato paste
- 1 pakkie royco bolognese poeier
- Soveel moontlik gerasperde chedder kaas
- Perske of gewone blatjang

Metode:

1.Kap die tamaties en uie fyn, en braai vir maklik 30min in die kook-olie in diep braai pan saam die knoffel tot dit ‘n sous begin vorm.
2.Voeg die maalvleis by en roer tot die maalvleis bruin is.
3.Maak die poeier aan volgens die aanwysings op die pakkie en voeg saam die tamatie paste by die vleis.
4.Prut tot die sous reg is.
5.Terwyl dit prut, breek jou spaghetti in twee, en kook soos aangwys agter op verpakking in voorverhitte water met sout en olie.
6.Terwyl die pasta en maalvleis warm is, skep spaghetti in bord en gooi blatjang oor, voeg dan maalvleis oor en dan kaas.. (doen dit apart in elke persoon se bord)

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/bolognese-sous.html  

No comments:

Post a Comment