AARTAPPELSUURDEEG
– PLANTJIE EN BROOD: [MY EIE RESEP]
VIR DIE PLANTJIE:
So 10 of 11 uur
die oggend:
1 lt. Canfrood
bottel met skroefdeksel
Skil en rasper 2
medium grote aartappels of 1 grooooooot aartappel
Gooi in die
bottel.
Vul bottel met
500ml kookwater en laat staan tot lou-warm.
GOOI dan 125ml
van die lou-warm mengsel in ‘n maatbeker of gebruik gewone lou-warm water.
Voeg by 3t
kitssuurdeeg of ¼ koekie suurdeeg.
20 ml Suiker
10ml sout
Meng hierdie goed
totdat suiker opgelos is.
Gooi dit by jou
aartappel in bottel.
Skud een keer die
bottel sodat alles meng.
Skroef deksel
liggies op, want dit kan nogal ontplof as dit te veel gis.
Maak bottel toe
in ‘n groot handdoek of kombers en laat staan vir tussen 3 – 8 uur
om sy werk te
doen.
As die gis reg is
sal omtrent die helfte van die bottel ‘n behoorlike skuim op hê.
Gooi nou alles
deur ‘n sif en vang die giswater op, want hiermee gaar jy broodbak.
Neem so handvol
van die gerasperde aartappels, sit terug in die bottel.
Gooi 250ml van
die giswater oor dit en hou eenkant vir jou plantjie vir volgende
baksel. Vul die
plantjie met dieselfde bestanddele aan, behalwe die kitsgis. Bêre plantjie in
yskas tot jy weer brood wil bak. Hoe meer die plantjie gebruik word en
hoe ouer dit
word, hoe beter word die suurdeeggis.
VIR DIE BROOD:
In jou elektiese
menger met hak aan voeg die volgende in jou mengbak:
Kan ook met die
hande geknie word.
9 x 250ml
Witbroodmeel of jy kan hier meng met volkoring, nutty wheat ens.
1 x 250ml
Koekmeel
2t suiker of
heuning
2t sout
100ml olie of 4e
margarien [ek verkies olie] [jy kan selfs uitgebraaide skaapvet gebruik as jy
het]
Asook die res van
jou pakkie kitsgis
Voeg ook die
giswater by, as deeg dalk te styf is, voeg lou-warm water by
Laat die menger
nou sy werk doen vir ongeveer 10 minute.
Smeer ‘n groot
plastiese bak met bietjie olie en sit jou gekniede deeg daarin.
Maak warm toe met
handdoek of kombers en laat rys tot die volgende oggend.
VOLGENDE DAG IS
BAK DAG:
Ek doen hierdie
so tussen 8 en 9 in die oggend.
Stel oond op 50
grade C tot warm, sit oond dan AF.
Knie deeg af en
plaas in gesmeerde broodpanne.
Sit kombuispapier
bo-op die broodpanne en plaas in oond om te rys.
Neem so ongeveer
2 – 3 uur tot panne volgerys is.
Los panne in oond
en stel oond op 180 grade C en laat dit totdat brood klaar gebak het. [m.a.w.
jy verhit nie eers oond en bak dan nie, jy neem die baktyd van waar jou
panne in oond is
en laat die bakproses sy loop neem]
Baktyd is omtrent
25 – 30 minute, maar kyk maar so op 20 minute.
[Ek sit dan oond
af, skud die brood uit panne op oondrak en los dit vir so 5 minute om
mooi broskors te
vorm.]
HAAL dan uit en
laat afkoel op draadrak met ‘n skoon vaddoek of handdoek oor die brood.
Hierdie resep bak
3 sandwich grote brode of 4 klein broodjies.
Enjoy!!
Geplaas deur: Berie Smith
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/aartappel-suurdeeg-brood.html
Is hier iemand wat kan raadgee
ReplyDelete