Friday 5 July 2013

BOONTJIESOP MET GEROOKTE VARKSKENKEL



Boontjiesop met gerookte varkskenkel
 200 g (net minder as ’n halwe pakkie) droëbone van jou keuse, oornag in koue water geweek
1 lourierblaar
30 ml olyfolie
2 wortels, fyn gesny
2 stele seldery, gekap
2 preie, goed skoongemaak en fyn gesny
4 knoffelhuisies, geskil
125 ml gekapte, vars pietersielie
1 klein, gerookte varkskenkel
Sout, vars gemaalde swartpeper, vars suurlemoensap en ekstra pietersielie na smaak
Dreineer die bone en sit in ’n kastrol. Bedek met water en voeg die lourierblaar by. Verhit tot kookpunt en prut tot die bone net-net gaar, maar steeds ferm is. Dreineer en hou eenkant.
Verhit die olyfolie en braai die wortels, seldery, preie en knoffel daarin tot sag. Voeg die bone en pietersielie by en braai vir vyf minute. Voeg die varkskenkel by en voeg genoeg water by om alles goed te bedek.
Prut stadig vir drie uur tot die vleis van die been af val. Skep die skenkel uit, verwyder die vel en been en sny die varkvleis fyn. Skep die vleis terug in die soppot en geur die sop na smaak met sout, vars gemaalde swartpeper, ’n skeut vars suurlemoensap en ekstra gekapte pietersielie.
Sit voor met plaasbrood en botter.
Lewer ses tot agt porsies.
*Bron Landbouweekblad
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*5/7/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/boontjiesop-met-gerookte-varkskenkel.html


No comments:

Post a Comment