Tuesday 30 July 2013

EIERLOSE MELKTERT

MELKTERT SONDER EIERS:
Kors van keuse gekrummelde koekies gemeng met gesmelte botter. Druk in bodem van bak & bak so 5-10min.

VULSEL:
2 ½ k melk,
3 tlp botter;
80ml maizena,
40ml meel,
140g strooisuiker,
2ml vanielje.

Gooi melk & botter in kastrol. In 'n groterige maatbeker meng maizena & meel met bietjie melk tot geen klonte & lekker romerig. Voeg strooisuiker by & meng goed. Sodra botter gesmelt het & melk amper kookpunt bereik, gooi van die warm melk by pastamengsel in maatbeker, roer vinnig & gooi in kastrol. Meng vinnig & aanhoudend tot dik word (dit moet 'n dikkerige mengsel wees anders is dit 'n slap vulsel!) Indien nodig meng gou nog bietjie maizena & meel. & voeg by warm melkmengsel (wees versigtig, jy moet vinnig wees sodat daar nie klonte vorm nie!). Wanneer mengsel lekker dik is haal af, voeg vanielje by & klits/roer goed! Gooi oor kors, maak gelyk & strooi met kaneel. Los tot afgekoel is voor bedien word. Ek sit myne NIE in yskas nie, dis asof dit vog opbou! Dit is regtig baie lekker. Ek kan die reuk van eier nie verdra nie!! Geniet!
Bron: Moira Botha Dyer
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/eierlose-melktert.html

2 comments:

  1. Baie baie dankie vir hierdie resep. Ek soek nog altyd ń melktert sonder eiers 🥚.

    ReplyDelete
  2. Letterlik die beste melktert wat ek nog al gemaak het, ek was bekommerd oor die eiers maar dit het wonderlik sonder hulle gewerk! Baie dankie!

    ReplyDelete