Friday 19 July 2013

KOOLSLAAI



                                                          
KOOLSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/koolslaai.html
Kerf kool in repe

Kerf soetrissies in repe [rooi en geel en groen]
kerf uie in dun singe[kwart]
kap Agurkies fyn en stooi oor
plaas in yskas[ net so droog om crispy te bly
maak jou slaaisous eenkant en as jy jou rolletjie vul drizzel net jou slaaisous oor dan bly dit heerlik crispy[ of meng dit net in voor bedizening].
Slaaisous
Mayonnaise gemeng met jou Agurkies se piekel sous en net n bietjie suiker.Dis al
Helena Kruger *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*18/7/13*
  >Foto>Helena Kruger



KOOLSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/koolslaai.html
Ansie Swanepoel
Graag wil het die baie lekker koolslaai reseppie met julle deel
1 Rou kool fyn geresper
1 ui fyn gersper
Meng saam
Maak sous
1 Blikkie kondensmelk
1 Blikkie fyn pynappel
1 Koppie mayonaise
200g Cheddar kaas fyn gerasper
Meng alles saam
Meng koolmengsel en sousmengse saam
Geniet Baie lekker*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*




KFC COLE SLAW
1 or 2 carrots, grated
¼  onion, grated
Dressing:
1 cup Miracle Whip Salad Dressing
1 cup sugar
¼  cup oil
¼  vinegar

Mix together the dressing and pour over cabbage mix. Let it sit for a few hours before eating.



                                             Lianne se KOOLSLAAI ENKERRIEVISLianné Barnard 
LIANNE SE KOOLSLAAI
 Rasper kool en strooi pakkie droë greengage jellie oor.
Sowel as n blikkie crushed pynappel.
Maak toe en laat staan totdat die pynappel en jellie deur die kool getrek het.
Meng nou mayonnaise na smaak by.
Hierdie koolslaai is fantasties.
Vriende en familie en selfs vreemdelinge het my al betaal om dit vir hulle te maak.



 *****************************************************************************
Hier is n paar lekker Koolslaai Respte wat julle kan maak!

KOOLSLAAI MET PERSKES

- 1 blik ingemaakte perskesnippers
- 2 koppies fyngekerfde kool

SLAAISOUS
1 koppie perskestroop
1 eiergeel
1-2 eetlepels suurlemoensap
2 eetlepels kookolie
1/2 teelepel fyn gemmer
1 eetlepel mielieblom
 sout en peper

1 Meng die perskeblokkies met die kool.
2 Klits eiergeel en olie saam.
3 Meng mielieblom en suurlemoensap saam en voeg geursel by.
4 Klits die stroop stadig by die eiermengsel.
5 Plaas in 'n dubbelkastrol en kook tot verdik.
6 Laat afkoel en vou die styfgeklopte eierwitte in.
7 Giet oor die slaai en verkoel tot bediening.

KOOLSLAAI

1/2 kool, fyn gekap
2 lemoene, geskil en in halwe skyfies gesny
250 g dadels, fyn gekap
mayonnaise
sout en peper

1.Rangskik slaai in 'n slaaibak in die volgende volgorde: kool, lemoen, dadels. Herhaal die lae totdat al die bestanddele opgebruik is, eindig met 'n laag kool.
2.Giet die mayonnaise oor en meng liggies.
3.Verkoel tot opdiening.


FANTASTIESE KOOLSLAAI

1/2 middelslag-koolkop
1 blik (440 g) pynappelstukke
1 pakkie (80 g) groen jelliepoeier
1blik (397 g) kondensmelk
250 ml mayonnaise (1 k)
1 Snipper die kopkool fyn.
2 Voeg die pynappelstukke (en hul stroop) en die jelliepoeier by die koolsnippers en meng goed.
3 Voeg die kondensmelk en mayonnaise by en meng.
4 Die slaai kan dadelik voorgesit word of dit kan tot 'n
week lank in 'n toe houer in die koelkas gehou word.
(12 Porsies)
(Ek verkies dat die slaai 'n paar uur voor opdiening
voorberei word - verkieslik die vorige aand. Dan is dit
soveel lekkerder!)


PYNAPPEL KOOLSLAAI

2/3 koppie mayonnaise
2/3 kop suurroom
1 teelepel gerasperde ui
1 eet suurlemoensap
1 teelepel suiker
Sout na smaak
1 blik stukke pynappel (gedrieneer)
1 koppie grof gerasperde wortels
2 koppies grof gekapte (gerasperde) kool
*
Yum Yum Let's make Some*


No comments:

Post a Comment