Thursday 15 August 2013

MANKOS - LUIMAN PIZZA




Mankos - Luiman Pizza
Gebruik gesnyde brood, ek verkies bruinbrood.
6x Snye brood
Verf die brood albeikante met olyfolie. Verf is beter as bedruip.
Smeer Sweet Chilli Sous lagie.
Nou so bietjie tamatiesous.
Pak gesnipperde wors ... enige peprosesserde wors is goed en selfs braaivleis oorskiet werk.
So paar stukkies mozzarella kaas
Gekerfde tamatie
Gekerfde pickel ui.
Bedek met gerasperde kaas.
Sprinkel nou origanum en mixed Italian Spice oor.
Ek gooi ook so bietjie chilli flakes.
Pak in plat bakpan.
Oond op 180 C en hou maar dop. Jy soek die brood krakerige gebak aan die onder kant.
PS ... ek gebruik bykans alles wat uit bottels uit kom in yskas of koskas. Niks fancy verwerking nie behalwe om goeters te kerf. Moenie die broodjies te dik pack nie, hou dit skraal vir die beste resultate.
Hierdie Luiman Pzzas is blitsvinnig om te maak en lekker om te eet.* Colyn Serfontein Ek het so klein privaat projekkie wat ek Mankos noem. Hier is een van die geregte wat ek baie van hou.
N.S> Moenie bang wees vir die oond nie ... jy kan hom sommer na 200 C toe stoot ... dan crisp die brood vinnig onder en die kaas smelt lekker.
Dis nou regtig Luiman Kos die ... want jy kan ou brood gebruik en oorskiet kos
.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/08/mankos-luiman-pizza.html


IDEES
Rene Reyneke
Ek het nou die dag iets soortgelyks gemaak.Snye witbrood bokant gesmeer met tamatiesous,gesnipperde ham,crushed garlic,bacon en gerasperde kaas.Dit was heerlik.Mens pak maar op wat jy in die yskas het.Vinnig en maklik. Yummy!


Charmain Bester
 ons noem dit nog al die jare brood pizza ek doo my brood in geklitste eier gemeng met bietjie melk met speserye maalvleis chutney, skyfies tamatie en baie kaas – heeerlik

Zenobia Brink
 Ek maak `n toebroodjie, sit kaas,koue vleis,tamatie op, doop broodjie in melk,eier en bietjie meel gemeng en braai dit sommer in my braaipan in vlak olie. `n Ete op sy eie.

Ina Viljoen Joubert
Hierdie is HEERLIK!!!!! Het dit vanaand vir my en my man gemaak maar die worsies vervang met biltong. Dit was maklik, vinnig en rerig baie lekker. Julle kan dit gerus probeer. Baie dankie dat jy dit met ons gedeel het, Colyn.

Elizabeth van Zyl
 Ek noem dit sommer oondbroodjies. Jy kan ook Pilchards, met uieringe, tamatieskywe en gerasperde kaas bo-oor in die oond grill.

No comments:

Post a Comment