Tuesday 10 September 2013

KWEPERKONFYT KOEK



Kweperkonfyt Koek
Alida Siebert
 Ek het hierdie koek gebak omdat ek vies is vir die talle halwe botteltjies konfyt in my yskas! Dus het ek besluit om hulle een vir een in iets eetbaars te omskakel – sien ek hou nie juis van konfyt nie!

Die eksperiment lui soos volg
¾ botteltjie kweper konfyt met gesnipperde kwepers in
¾ botteltjie (purity botteltjie) kweperjellie (warm gemaak in potjie om die sandsuiker te laat oplos!)
2 koppies selfraising flour
½ teelepel bakpoeier
3 eiers

+-
3 x ¼ koppies melk
+-
125 – 150 gr botter / margarine
1. Verpulp die kweperkonfyt
2. klits die botter tot sag en romerig en gooi die verpulpte konfyt daarby
3. klits die eiers een vir een by
4. Sif die meel en bakpoeier by en roer deur
5. gooi melk by totdat die beslag “reg” voel en lyk
Gooi in twee koekpanne en bak teen 180°C vir 25 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Sodra afgekoel, smeer die kweper jellie tussen die lae (los so 2 eetlepels vir die versiersel)
Versiersel
2 eetlepels roomkaas
Res van kweper jellie
2 + koppies gesifte Versiersuiker
Klits die jellie en die roomkaas saam, sif dan die versiersuiker by en bedruip die koek hiermee. Doen dit in stadiums, want dis ‘n loperige bedryf! http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/kweperkonfyt-koek.html

No comments:

Post a Comment