Saturday 7 September 2013

NIERTJIES EN LEWER IN SUURSOUS


                                        Foto>Jan Kaalvoet Kotze>Niertjies in Suursous en Pap


Jan Kaalvoet
SUURSOUS MET LEWER EN NIERTJIES. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/niertjies-en-lewer-in-suursous.html

6 niertjies in blokkies gesny.
2 koppies lewer in blokkies gesny.
1 groot opgekapte ui.
1 koppie niervet in blokkies gesny.(opsioneel)
sout.
peper.
suiker.
maizena.
asyn.
6 heel naeltjies.
KOOKWATER
Metode:
Braai die vet tot ligbruin in n pot of kastrol ,groot genoeg vir die sous ook skep die stukke uit en... bere eenkant,gee die uitgebrande vet vir die ousie
Braai die uie tot ligbruin,in dieselfde pot,wat nou lekker geolie is,bere eenkant
Braai(roer) die lewer en niertjies tot verkleur.Voeg nou die vet en uie by,dadelik daarna die KOOKWATER.
Gooi 6 naeltjies,sout,peper en suiker in na smaak.
Kook die bedryf tot gaar(sny van die grooter stukke oop om te sien)as jy dit te lank kook is die vleis rubber.(Dan kan jy dit vir die hond gee)
NOU LUISTER MOOI;
Vat so kwart koppie asyn met opgehoopte eetlepel maizena roer tot die klonte weg is,in dieselfde koppie,jy kan koue water bygooi as dit te dik is.NOU terwyl jy die pot roer,gooi jy die asyn mengsel STADIG in.BLY ROER as hy te dun is maak
nog maizena met koue water aan,gooi by.as jou bedryf te dik is gooi water by. Kook vir nog n rukkie,Bedien saam pap of brood.*Jan Kaalvoet Kotze*

No comments:

Post a Comment