Friday 6 September 2013

UIETERT



UIETERT 


VEGETARIESE UIETERT
10-12 porsies

Kors:
Maak 'n pakkie Cream Crackers fyn in die voedselverwerker en meng dit met 125 ml gesmelte botter of margarien. Druk vas op die bodem van 'n groot tertbak.

Vulsel:

2 gekapte uie
1 bossie gekapte groenuie
fyn gekapte grasuie (chives) opsioneel maar baie lekker
125 ml gekapte vars pietersielie
250 ml Cheddar kaas, gerasper
125 ml fyn Parmesan kaas
125 ml Feta kaas, gekrummel
200ml Roomkaas
4 Eiers, geklits
125 ml Suurroom
125 ml Room
Sout en Peper na smaak
250 ml Cheddar (ekstra om bo-oor te strooi)

Braai die uie, groenuie en grasuie saam tot net sag en gaar. Laat effens afkoel.
Meng die Eiers, Suurroom en Room saam en voeg kase en pietersielie by. Geur met sout en vars gemaalde swart peper.
Meng alles saam en giet in tertkors. Bedek met lagie gerasperde Cheddar kaas.
Bak vir ongeveer 30 min by 180 grade. Laat rus vir 10 min voor bediening.

WENK:

Gebraaide, gekapte Spek, gevlokte Tuna of Salm kan saam met die kase bygevoeg word as die tert nie vegetaries hoef te wees nie

Bron: Eet Koshuis Kos
Geplaas deur: Dalene Brits
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/uietert.html

No comments:

Post a Comment