Tuesday 22 October 2013

MARINADE VIR VARKVLEIS



MARINADE VIR VARKVLEIS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/marinade-vir-varkvleis.html
*chilli se sousie*
½ k Bruinsuiker
½ k Soya
¼ k Ketchup [of tamatiesous]
2e Ui fyngekap
1t fyn Gemmer
1t fyn gekapte knoffel
Meng alles en plaas jou varktjoppies in en Marineer oornag[ziplock sakkie]
Baie lekker gewees
Vee eers jou marinade bietjie af voor jy dit braai of bak..
Gedurende die bak tyd verf kort kort van jou marinade oor heerlik**Helena Kruger*

 


VARKFILLET

Ek het 'n lekker resep by 'n Portugese tannie gekry en gebruik dit altyd vir varkfillet (lekker vir prawns ook) Ek sny altyd die vark filet in skywe.
Meng olie, gekapte knoffel, 'n tikkie chilli flakes, 'n lourierblaar en sout in 'n bak en plaas die filet daarin om te marineer vir so paar uur (oornag sal beter wees). Dan kan jy met daai filet maak net wat jy wil: braai, rooster, in 'n pan op die stoof ens..

No comments:

Post a Comment