PEERTERT
van Suzette Minnaar
Ek is seker almal ken die 'Ou bekende gunsteling.'
Ek is seker almal ken die 'Ou bekende gunsteling.'
1pk Romany Creams (Ek het Peppermint Geur gebruik)
1 blik Peer halwes
Kersies
1 Peppermint Crisp
Pak Romay Creams in 'n tertbak. (Rond werk makliker)
Gooi die peersap bo-oor die koekies en laat staan vir halfuur.
Pak nou peerhalwes bo-op koekies en versier met kersies.
Bak by 180°C vir 20 - 30 min.
Haal uit en rasper Peppermint Crisp bo-oor terwyl die tert nog warm is.
Vir die tert op die foto het ek 2 pakkies koekies en 2 klein blikkies pere gebruik. Kan warm of koud bedien word en met roomys of vla soos verkies.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/peertert.html

No comments:
Post a Comment