Tuesday 10 December 2013

KOEKIES OP 'N DOSYN EN EEN MANIERE

                                                         >siliconemoulds.blogspot
Koekies op ‘n Dosyn en Een Maniere
Dié Basiese koekieresep word vining in die voedselverwerker aangemaak en kry olie in pleks van botter in.
Lewer: 15-20 Koekies
Bereiding: 10minute
Staantyd: 15minute
Baktyd: 8-10 minute

180ml (3/4 kop) Koekmeel
60ml (1/4 kop) Bruismeel
10ml (2 Teel) Bakpoeier
Knippiesout
60ml (1/4 kop) Sagte Bruinsuiker
60ml (1/4 kop) Strooisuiker
1 Ekstragroot eier
1ml (1/4 teel) vanilla geursel
45ml (3 Eetl) Olie

Voorverhit die oond tot 190°C.
Smeer ‘n paar bakplate en voer uit met bakpapier.
1.   Plaas al die bestanddele, buiten die olie, in ‘n voedselverwerker. Meng goed en voeg die olie bietjies-bietjies deur die tuit by; die mengsel is sag en krummelrig.
2.   Verkoel 15 minute, knyp ‘n okkerneutgrootte-stukkie deeg af en druk goed  bymekaar. Rol in klein balletjies.
3.   Pak taamlik ver van mekaar op die bakplate (die koekie sprei).
4.   Bak 8-10minute tot gaar en effe bruin bo (dit sal steeds sag wees).
5.   Laat effens afkoel op die bakplaat; plaas op ’n draadrak om heeltemal af te koel.
6.   Bêre in ‘n lugdigte houer.

A)   Konfytkoekies:
Berei basiese mengsel, druk en rol in balletjies. Druk ‘n holte in die middel van elke koekie met jou vingerpunte en skep ‘n bietjie konfyt (appelkoos of arbei) in. Bak verder soos beskryf.
B)   Klapperkoekies:
Berei basiese mengsel maar voeg 250ml (1 kop) klapper ook by. Berei verder soos beskryf, maar druk die bollietjies effe plat met ‘n vurk voor jy dit bak.
C)  Bar-one-koekies:
Meng 50g gekapte neute en 15ml (1 Eetl) gouestroop by die mengsel. Druk in rol in bolletjies. Sny ‘n Bar-one in klein stukkies en druk liggies vas op die bolletjies. Bak soos beskryf.
D)  Hawermoutkoekies:
Week 60ml (1/4 kop) rosyne of sultanas in 15ml (1 Eetl) lemoensap of sterkrooibostee. Voeg saam met 125ml (1/2 kop) hawermout by die basiesemengsel. Berei verder soos beskryf.
E)   Vyfspeserykoekies:
Voeg 3ml (ruim ½ teel) Chinese Vyfspeserymengsel by die mengsel en meng goed. Druk ‘n hopie deeg bymekaar en rol die bolletjies in sowat 60ml (1/4 kop) sesamesaad. Bak verder soos beskryf.
F)   Gemmerkoekies:
Kap 75g ingemaaktegemmerstukkiesgoedfyn en mengsaam met 25ml (5 teel) ekstrakoekmeel en 1ml (1/4 teel) fyngemmer by die basiesemengsel in. Bereiverdersoosbeskryf.
G)  Kersie-Amandelkoekies:
Meng 1ml (1/4 teel) Amandelgeursel, 14 gekapte glanskersies, 60ml (1/4 kop) gevlokte amandels en 60ml (1/4 kop) gemaalde amandels by die basiesemengsel. Berei verder soos beskryf. (Die beslag is pap). Rol in klein bolletjies. Lewer sowat 30.
H)  Neutesjokoladekoekies:
Voeg 50g elk gekapte haselneute en melksjokolade by die basiesemengsel. Bak soos beskryf. Laat afkoel. Smelt 150g donker sjokolade en doop die bokant van elke koekie hierin. Smelt 30g witsjokolade, skep in ‘n spuitsak en spuit strepe oor.
I)    Sjokoladekoekies:
Sif 60ml (1/4 kop) kakao by die droë bestanddele. Voeg 25g gekapte melksjokolade by. Meng goed. Knyp stukkies deeg af; druk goed bymekaar om ‘n bolletjie te vorm. Druk effe plat met jou hand. Berei verder soos beskryf.
J)    Grondbonekoekies:
Meng 45ml (3 eetl) Korrelrige grondboontjiebotter en 50g grondbone by die mengsel.Berei verder soos beskryf. Lewer 20-25.
K)   Appelkooskoekies:
Kap 50g droë-appelkose en kasjoeneute elk en meng by die mengsel in. Rol in bolletjies, strooi bruinsuiker oor en bak. Lewer sowat 20-25.
L)   Sjoksplinterkoekies:
Meng 75g sjokoladebrokkies by die mengsel in en berei verder soos beskryf.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/koekies-op-n-dosyn-en-een-maniere.html




KOEKIES MET 1 BESLAG EN VERSKILLENDE GEURE:

Alles in een koekiemengsel wat verskillende geure maak
BASIESE KOEKIE MENGSEL
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/koekies-op-n-dosyn-en-een-maniere.html
10 koppies koekmeel
10 teelepels bakpoeier
knippie sout
500gr margarine
4 koppies suiker
6 eiers
Room botter saam met
suiker voeg eiers by roer goed
voeg dan droe bestanddele saam
in botter mengsel as te styf voeg
bietjie water by

Variasies;

1) Vanielje koekies: voeg 10 ml vanielje by
2) Vlakoekies: voeg 8 eetlepels vlapoeier by
3) Spesery koekies : voeg 3ml naeltjies,5ml kaneel,5ml neutmuskaat,en 5ml gemengde speserye by
4) Sjokolade voeg: 10 ml Kakoa by – rol in balletjies druk plat met vurk*



No comments:

Post a Comment