Wednesday 25 December 2013

SJOK MINT KAASKOEK




CHOC MINT CHEESECAKE
250g sjokolade beskuitjies , sonder ‘icing’
100g ongesoute botter
2 x 250g cream cheese, teen kamertemperatuur
¾ k strooisuiker
250g suurroom, teen kamertemperatuur
2 eetlp koekmeel
2 eiers, kamertemperatuur
1 tlp peppermint geursel
Koekkleursel
300ml dik room, geklop
9 after-dinner mints, in die helfte gesny (driehoek)
35g peppermintcrisp

Voorverhit die oond 160*C/140*C vir thermofan oonde
Kap die beskuitjies fyn in die voedselverwerker en voeg die botter by.
Druk die mengsel in ‘n tuitpan waarvan die boonste deursnee 25cm is. Druk die krummels op die bodem en langs die kante van die pan. Verkoel.
Sit die roomkaas en suiker in die voedselverwerker todat dit gemeng is.  Voeg die suurroom en en verwerk net totdat dit gemeng is.
Meng die meel, eiers, geursel en paar druppels kleursel saam met die kaasmengsel tot goed gemeng en romerig. Giet die mengsel in die voorbereide kors en plaas op ‘n bakplaat.
Bak vir 40min of net totdat gestol in die middel.  Skakel die oond af en laat die koel afkoel in die oond met die deur effens oopgelaat.
Bedek wanneer afgekoel en plaas in die yskas vir 6 ure.
Verwyder van pan en keer uit op ‘n opdienbord.  Versier met afterdinner mints en gekrummelde peppermintcrisp.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/sjok-mint-kaaskoek_25.html

No comments:

Post a Comment