Thursday 30 January 2014

GEURIGE SUURLEMOEN VISVINGERS


Geurige suurlemoen-visvingers

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute
• 100 g droë broodkrummels
• 40 ml gekapte vars pietersielie
• gerasperde skil van 2 suurlemoene
• 1 rissie, ontpit en gekap (opsioneel)
• 400 g visfilette, in dik repe gesny
• 1 groot eier, geklop olie vir vlakbraai
• geurige rys, groenslaai, suurlemoenwiggies en tartare-sous om voor te sit
1 Meng die krummels, pietersielie, suurlemoenskil en rissie. Doop die vis in die geklopte eier en dan in die krummelmengsel. Verhit ’n bietjie olie in ’n groot pan en braai die visrepe tot goudbruin en deurgaar.
2 Sit dit voor met geurige rys, groenslaai, suurlemoenwiggies en tartare-sous.
(Idees)  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/geurige-suurlemoen-visvingers.html

No comments:

Post a Comment