Saturday, 18 January 2014

MARMITE OF BOVRIL MUFFINS


Marmite of bovril en cheddar muffins

lekker vinnig om te maak, my kinders verslint hulle:


1 koppie koekmeel
2 tl bakpoeier
knypie sout
mespunt rooipeper
driekwart vol koppie volroom melk
1 en 1/2 koppies gerasperde kaas

4 tl vol marmite
halwe blok botter - 250g

in lekker groot bak , meng droe bestanddele saam. gooi kaas en melk by en meng mooi deur.
Skep lepelsvol in voorbereide muffinpan
bak vir 20-25 min by 180 g tot ligbruin... toets gereeld na 20 min.

In 'n kastrol smelt die marmite saam en botter saam, bring tot kookpunt net voor jy muffins uit oond haal, gooi dit stadig oor muffins sodra hulle uit die oond kom.. 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/marmite-of-bovril-muffins.html