Tuesday 25 February 2014

DUITSE KOOLSLAAI



DUITSE KOOLSLAAI
Francois Vos
1 middelgrote kopkool, in kwarte gesny
1 groot ui, in baie dun ringe gesny
1 koppie suiker
1 koppie olie
3/4 koppie bruin asyn
1 teelepel mosterdpoeier
2 of 3 teelepels anyssaad
sout en peper na smaak

Snipper kool in papierdun skywe.
In groot mengbak pak laag uieringe, 'n laag gesnipperde kool en pak so laag na laag tot al die kool en uie in bak gepak is.
Strooi 'n koppie suiker bo-oor die kool en moenie roer nie.
Kook die res van die bestandele in 'n klein kastrolletjie en gooi die kokende vloeistof bo-oor die suiker en seël die bak met Gladwrap.
MOET ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE DIE KOOL ENS DEURMEKAAR ROER NIE.
Plaas bak in yskas en los oornag.
Voor bediening kan die kool dan goed deurgeroer word en indien verkies, kan die vloeistof afgegooi word. Heerlik veral saam met braaivleis!

Het dit nou net gemaak!!!Helena 8/12/10
N.S Ek het selderysaad gebruik in plaas van anyssaad omdat ek dit nie eet nie en ek se vir julle dit is baie lekker. Ek het ook per ongeluk my mengsel geroer en daar is geen verskil nie was bang ek het n fout gemaak maar nee alles is Heerlik. Bere in yskas!!!Helena 15/12/10** http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/duitse-koolslaai.html

No comments:

Post a Comment