Tuesday 18 February 2014

KERRIE VARKSKENKELS IN DIE STOOMPOT


KERRIE VARK SKENKELS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/kerrie-varkskenkels-in-die-stoompot.html
Kook skenkels en uie in jou stoompot vir 30min.
Maak oop en voeg jou aartappels en wortel stukkies by
Maak jou sous en kook nog 20min
Maak oop en verdik jou sousie met so 3 e Mielieblom
SOUS:
2E Kerriepoeier
1E Suiker
1t Borrie
1E Worcestersous
sout en peper.
¼ t tiemie
¼ t fyn Koljander
1e Appelkooskonfyt
2 e Asyn
Maak aan met bietjie water en gooi bo-oor die aartappels en vleis.
As jou aartappels sag is maak so 3E Maziena aan met bietjie water en verdik jou sous in die kastrol daarmee..
Lekker saam met stampmielies en soetpampoen>WHALLA!!!Helena *17/2/14* .


 

Was nie lus vir baie kosmaak die naweek..toe gebruik ek maar my ou Favourite*Elektriese Stoompot* 30min..en alles was klaar
Skaapnek en Skenkels in Stoompot
met aartappels en lekker vars boontjies uit my tuin...Soetpampoen en lekker Basmati Rys..en ja met n LANG sous**
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/kerrie-varkskenkels-in-die-stoompot.html
Vleis
Uie
Aartappels
Jong Boontjies
2k water met 1 pakkie Tamatie Paste aangemaak en bo-oor gegooi
Sout en Peper
30min stoomtyd ..oopgemaak en net my sousie bietjie dikker gemaak met so 2e Meelblom en dit laat deurkook..net soos Ouma dit gemaak het.Helena Kruger



 
My Favourite **Varkskenkels en Aartapel Pot* sag gekook in my Elektriese Stoompot en dit oorgegooi in my Slow Cooker vir later**
VARKSKENKELS EN AARTAPPEL POT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/kerrie-varkskenkels-in-die-stoompot.html
Varkskenkels mooi skoongemaak
1Ui fyngesny
Aartappels
2k water met 1 pakkie Tamatie Paste aangemaak en bo-oor gegooi
Sout en Peper en bietjie Koljander
1t Paprika
1e Appelkooskonfyt
METODE
Plaas jou vleis en uie in jou stoompot
Gooi jou ander bestd. by en maak toe
40min stoomtyd ..oopgemaak en oorgeskep in die Slow Cooker en net my sousie bietjie dikker gemaak met so 2e Mielielblom in die stoompot en dit laat deurkook oor my gereg gegooi en hom op High gestel vir 1h en doodgemaak dit was supper sag en n lekker lang sousie vir die rys....Helena Kruger 06/04/2016

 


No comments:

Post a Comment