Wednesday 19 February 2014

NOUGAT


NOUGAT
(Gluten, koring en melk vry)
Kry al die bestandele en gereedskap gereed en voer of smeer die pan voordat jy die nougat begin maak. Die maak van nougat is baie bevredigend, maar word nie vir beginnerkokke aanbeveel nie.
2 x 250ml witsuiker
2 x 100ml vloeibare glukose
2 x 125ml koue water
3 eierwitte (groot eiers- 75g)
5ml vanilla
150g neute gekap
100g kersies gekap
Ryspapier
 Metode:
Plaas die suiker, glukose en koue water in twee kastrolle. Verhit die inhoud van die een kastrol terwyl oor lae hitte geroer word totdat die suiker opgelos is. Kook die suiker mengsel. Sonder om te roer, totdat dit ‘n stywe bal vorm wanneer dit in koue water getoets word.
Klits intussen die eierwitte en sout styf, maar nie droog nie, met ‘n elektriese menger. Voeg die warm stroop stadig by terwyl aanhoudend geklits word.
Terwyl hierdie mengsel geklits word, word die inhoud van die 2de kastrol net soos die eerste gekook. Klits die tweede hoeveelheid stroop ook by die eiermengsel soos reeds beskryf.
Voeg die geursel, neute en kersies by. Giet die mengsel in ‘n 320 x 230mm gesmeerde pan/ of met ryspapier uitgevoer. Maak gelyk, plaas ryspapier bo-oor. Laat staan 1-2dae om styf te word. Sny in staffies met skerp dunlemmes. * SA kookboek –http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/nougat.html
Hilda Lategang

No comments:

Post a Comment