Thursday 27 February 2014

TUNATERTE

                                                            FOTO GELEEN


TUNATERT 1
2 blikke tuna in water,
1 ui gerasper,
 4 eetl mayonnaise,
4 eetl chutney,
1 pakkie simba chips( enige geur,
4 eiers.
Meng alles saam en mikrogolf vir 7 min voeg dan gerasperde kaas by en mikrogolf vir verdere 2 min en walla jou tuna tert is klaar. Eet en geniet.

TUNATERT 2
3 dik snye brood
1 1/2koppie melk
1 eetl margarine
Verhit in kastrol oor lae hitte en druk fyn.
1 blik tuna
1 koppie gerasperde kaas
1 groot gerasperde uie
2 eiers
Pietersielie gekap. Sout en peper
1 pak chips
Meng alles saam, gooi in gesmeerde bak en strooi fyngemaakte chips bo-oor.Bak by 180 grade vir 20min. of to goudbruin en gaar.Kosmater


Sonja De Ridder Billson
UIE EN TUNA TERT 
Kors
1 koppie koekmeel
125 g sagte margarien/botter
½ koppie gerasperde cheddarkaas
Meng alles goed en druk vas in tertbord.

Vulsel
± 6 mediumgrootte uie (in blokkies gesny en gebraai in bietjie olie)
½ blik tuna in water, gedreineer en gevlok)
250 ml vars room
2 eiers
1 teelepel basiliekruid
1 teelepel braaivleisspeserye
1 koppie gerasperde cheddarkaas
Meng alles, gooi bo-op tertkors en bak teen 180 grade tot goudbruin vir ongeveer 30 minute.


Michelle Nel
SOUTTERT VIR DIE LEKKER SOMERWEER
Geniet met 'n slaai.
5 sny witbrood in blokkies gebreek en geweek in 750 ml melk.
50 ml mielieblom
3 koppies gerasperde cheddarkaas
6 eiers, geklits
1 groot ui grof gerasper
5 ml mosterdpoeier
5 ml aromat of sout
5 ml gedroogde pietersielie
2 blikkies tuna of 'n koppie kouevleis (ham, spek of worsies)
Meng alles saam. Giet in gesmeerde oondbak en bak vir 50 minute by 180 grade.
Ek sit partykeer 'n rol Today's deeg onder as kors, dan bak ek dit in 'n plat plaatjie (koekieplaat) en bedien dit as 'n "snack".



Louise Groenewald
LOUISE SE TUNATERT
'n Resep wat ek al baie jare maak.   Altyd baie gewild by partytjies en jy kan dit mooi klein blokkies sny.  Die bestanddele lyk glad nie of dit kan lekker wees nie, maar dis heerlik.   Baie maklik om te maak – jy meng net alles in ‘n ...pot op die stoof, gooi in ‘n bak en bak in die oond.
1 Blikkie Tuna
4 Snye ou Witbrood (korsies dun afgesny)
1 Koppie Melk
2 Eetlepels margarien
3 Eiers
1 - 1½ Koppies Cheddarkaas gerasper
Sout of Aromat na smaak
Witpeper na smaak
Knypie Knoffelsout
Fyngekapte Pietersielie, bietjie Paprika om bo-oor te sprinkel

Bring melk tot amper kookpunt (in pot op stoof). Breek brood in stukkies en roer by melk tot dit soos pap lyk. Voeg res van bestandele by, maar hou omtrent 'n halwe koppie kaas oor om bo-oor te sprinkel. Sit in Pyrex bak en bak in oond vir 35 min. by 180ºC
Laat afkoel tot louwarm voor jy dit sny. Ook heerlik koud.
Resep kan suksesvol verdubbel word.
Learn to Cook with Louise - good basics, good food



Susan Louw du Preez
TUNATERT
 2 blikkies tuna,
1 pak gerookte bief chips,
1 blikkies mushroomsop (die wat julle dubbel maak) - druk chips fyn meng met tuna voeg sop by - sit in oondbak strooi gerasperde kaas oor en bak vir ongeveer 20 min in oond. bedien met rys en slaai. heerlik! (vinnig en maklik)


Maureen Jansen van Rensburg
ANDERSE TUNATERT
'n Vriendin van my het eendag hierdie anderste Tuna tert gemaak en het my so ooreet aan hierdie tert dat ek eintlik siek was. Ek deel graag haar resep met julle.
4 tl Gelatien of 1 koevertjie,
1 pkt suurlemoenjellie,
375 ml kookwater,
1 pkt Tuc beskuitjies,
1 koppie Cross & blackwell mayonaise,
1 klein gerasperde ui,
3 gekookte eiers (gerasper),
2 blikkie tuna (water afgegooi),
Pietersielie en aromat na smaak (opsioneel),

Meng gelatien, jellie met die kookwater, en laat dit afkoel. Meng nou die res van die bestandele saam behalwe die tuc beskuitjies. Smeer tertbak en pak jou tuc beskuitjies daarin (kors), gooi jou jellie mengsel by die vismengsel en roer goed deur en gooi op beskuitjies. sit is yskas om te stol.



Lindi De Meyer
LINDI SE SOUTTERT .
Bestanddele:
2 pakke sour cream Lays chips
250ml room
4 groot eiers
250ml melk
500g gerasperde kaas
2 blikkies tuna in water

Breek die chips fyn en voeg die res van die bestanddele by maar slegs net 250g van die kaas.
Voeg sout en peper by na smaak.
Gooi mengsel in Pirex bak en strooi die ander 250g kaas eweredig oor.
Alternatief kan fyn uie, mushrooms asook fyngekapte green pepper ook bygevoeg word.
Bak in die oond teen 160 grade vir 20 minute. Dit kan koud of warm bedien word.
Lekker eet !!


Ancoise Venter
ANCOISE SE TUNATERT
Ek het ontdek as mens n hele pak kaaskrulle saam met n witsous en die tuna meng met mushrooms .. Dit die beste tuna tert nog maak . Ek druk so paar kaaskrulle bo op die vulsel wat dit nog mooi maak ook.



Karin Van Coller Minnaar
TUNATERT
Ek het toe op die ou end die vinnige tert kors gebruik. Wow dit werk goed. Het dit onder in die pan gedruk en so n bietjie ge pre bake terwyl ek dine vulsel gemaak het.
2  blikkies tuna,
4 eiers,
1/2t droe pietersielie,
1 pakkie knor room hoendersop aangemaak met twee kopies melk en gekook sommer in die mikrogolf,
1 koppie gerasperde kaas ingeroer,
1 koppie mielies en
bietjie kaas bo oor gestrooi.
 Oee en n knertsie vars gemaalde swart peper. Ek dink dit gaan sommer lekker wees.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/tunaterte.html


TANNIE JOEY BRINK SE TUNATERT
Voeg bymekaar: 
2 blikkies tuna-gedreineer
1 pakkie suurlemoenjellie-opegelos in 1k kookwater
laat afkoel, maar nie stol nie
Voeg dan by 1k plain yoghurt
1k mayo
2 el gekapte uie
4 hardgekookte eiers-gerasper
Pak lagie bacon kips en dan lagie tuna, eindig met lagie tuna. Verkoel tot gestol, oornag is dit lekker, dan word koekies lekker sag!*6/9/12
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/tunaterte.html


VINNIGE TUNATERT
(4 PORSIES)
300ml gerasperde cheddar kaas
4 snye brood sonder korsies in klein stukkies gebreek
30ml botter
250ml melk
1 blik tuna in water gedreineer
2 groot eiers
1 groot ui gerasper
5ml bakpoeier
Metode:
Hou ‘n kwart van die kaas eenkant en men g dan die res van die bestandele, behalwe die bakpoeier in ‘n kastrol. Kook die mengsel vir ‘n paar minute oor lae hitte en roer dit aanhoudend. Roer die bakpoeier daarby en giet dan die mengsel in ‘n gesmeerde oondbak of kleiner individuele bakkies. Sprinkel die kaas wat uitgehou is, oor en bak dit in die oond vir 15-20min of tot gestol. Sit die tert voor met aartappelwiggies en slaai. *Kos idees* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/tunaterte.html



Annalizé Vermeulen
TUNAGEREG
1 Blik Tuna (kan meer gebruik)
1 Blik Sweetcorn
2 Eiers
1 Blik Idealmelk
Uie en Soetrissie (“Greenpeper”)
1 koppie Kaas •
Meng alles saam en bak in die oond teen 180°C
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/tunaterte.html

No comments:

Post a Comment