Sunday 30 March 2014

SOET SPESERY WORTELSLAAI



SOET SPESERY WORTELSLAAI


’n Heerlike slaai met ’n Indiese kinkel!


Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 minute
Staantyd: 2 uur
8-10 wortels, skoongeskraap
30 ml (2 e) suiker
15 ml (1 e) gouestroop of heuning
10 ml (2 t) sout
2 ml (½ t) fyn gedrukte knoffel
10 ml (2 t) rissiepoeier
2 ml (½ t) borrie
4 stukke kassia
80 ml (¹∕³ k) sonneblomolie
80 ml (¹∕³ k) bruinasyn
gekapte vars koljander
Sny die wortels in vuurhoutjiegrootte-repe.
Meng die oorblywende bestanddele behalwe die koljander en giet dit oor die wortels. Laat ’n uur of twee staan.
Garneer met die koljander.
Eet dit dieselfde dag – die slaai gis as dit te lank gelos word. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/03/soet-spesery-wortelslaai.html

No comments:

Post a Comment