MAKLIKE NAGEREG MET NET 3 BESTANDDELE
3 Pakkies Instant pudding (aangemaak soos aangedui op pakkie)
1 na 2 pakkies tennisbeskuitjies
250ml room (styfgeklop)
Pak tennisbeskuitjies onder in bak
Smeer jou 1ste laag poeding
Pak weer beskuitjies
Smeer 2de laag beskuitjies
Gaan so aan tot al die beskuitjies en poeding klaar is. Jy kan soveel lae pak soos jy wil
Sit in yskas vir tenminste 6 ure of oornag
Voor opdiening;
Smeer styfgeklopte room bo-op
Strooi flake stukkies oor, stukkies kersies, neute, klapper of sjokolade sous
Wenk:
Jy kan 3 verskillende kleure poeding gebruik bv vanilla, butterscotch en piesang. Dit sal die nagereg mooi laat vertoon.
Deur: Just 2 Sisters
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/maklike-nagereg.html
OOK 3 BESTANDDELE NAGEREG
Deur: Just 2 Sisters
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/maklike-nagereg.html
OOK 3 BESTANDDELE NAGEREG
Hier is nog 'n baie maklike een:
Lizzele Vermeulen
Lizzele Vermeulen
Ek het eenkeer iets by iemand geeet en dit was min moeite en baie baie lekker.. sit
1 blikkie kondensmelk en
1 houer houer room
in yskas sodat dit lekker koud raak. Meng albei dan saam. En klits tot dit dik raak.
Vat marie beskuitjies en sit dit in n food processor sodat dit baie fyn is. Maak dan lae met die koekie krummels en room. Dit hang net af hoeveel jy nodig gaan he so dan verdubbel dan die bestanddele.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/maklike-nagereg.html
No comments:
Post a Comment