Saturday 5 April 2014

MARSHMALLOW DROP



'n Vinnige idee vir as jou kind se maatjies kom kuier !!

Marshmallow Drops


Gemmerkoekies
Marshmallows
Sjokolade sous:
2 ¼ koppies versiersuiker
4 ½ eetlepels botter, teen kamertemperatuur
¼ koppie kakaopoeier
¼ koppie warm water
¾ teelepel vanieljegeursel
Meng alles tot gladde mengsel.

Oond 180C
Sit koekies op bakplaat en sit 'n halwe marshmallow bo-op. Sit in die oond tot die marshmellows net effens sag begin raak. Dit moet nie smelt nie.
Haal uit en laat heeltemal afkoel.
Skep lepels vol van die sous oor die koekies. Druk dit effe af met die lepel sodat dit oor die marshmallow loop. Strooi 100&1000's of vermicilli oor.
Los koekies vir tenminste 30 minute voor jy dit opdien.

Wenk: Gebruik enige koekie wat beskikbaar is in jou kas. Dit is nie noodwendig nodig vir gemmer koekies nie
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/marshmallow-drop.html

No comments:

Post a Comment