Monday 28 April 2014

PUIK PIESANGBROOD




PUIK PIESANGBROOD 

BESTANDDELE
1 ½ k suiker
125g (½ k) margarien 3 groot piesangs fyngedruk 
2 k meelblom
1 ½ tlp bakpoeier 
¼ tlp. Sout 2 eiers
1 teel vanilla
1 tlp koeksoda
½ k melk

Metode:
Meng fyn piesang, suiker en sagte margarien goed. Sif meelblom, bakpoeier en sout saam en voeg by piesang mengsel. Meng eiers baie goed en voeg by mengsel. Meng vanilla en koeksoda met melk en voeg laaste by. Meng goed.
Bak by 180 grade tot bruin en gaar ongeveer 'n uur.Toets met toothpick, indien skoon uitkom, is broodjie gereed.
WENKE;
Jy kan ook so ¾ k gekapte neute en/of klapper insit indien verkies.
Hoe ryper die piesangs, hoe soeter die eindresultaat.
Ek het hierdie een in die Halogeen oondjie gebak vir 45 min.
Ek vind enige koek bak beter in 'n ringpan in die Halogeen oondjie.



Dalene ek het jou Piesangbrood gebak in die Halogeen oondjie vir 1h op 170*C en ek het net 1k Cranberries bygevoeg..Die lekkerste klam Piesangbrood wat ek nog gebak het .Baie Dankie vir die Puik Resep..sal dit nou altyd gebruik..Helena Kruger 2/01/2015

 

Pragtig*

 


Pragtig**

 



Wilna Dorling >11/08/2015

My piesangbrood- resep hier op blad gekry"Puik Piesanbrood" - nou nog net proe

Wilna Dorfling
Ek het die broodjie vandag ingeskryf by Womans Institute kompitisie en sou Special gekry het as die merke van die afkoelrakkie nie onder sigbaar was nie (mens moet glo n afdroe lap eers plaas om dit te verhoed)- maar tevrede met 1 ste prys. So leer mens ne. .* ja, nou mag ek proe - dis baie lekker !

Baie Geluk Wilna van al ons KOSMATERS**Admin.

 

No comments:

Post a Comment